Psalms 78:1-72

  • God se sorg; Israel se gebrek aan geloof

    • Vertel toekomstige geslag (2-8)

    • ‘Hulle het nie geloof in God gestel nie’ (22)

    • “Graan van die hemel” (24)

    • “Hulle het die Heilige van Israel hartseer gemaak” (41)

    • Van Egipte na Beloofde Land (43-55)

    • ‘Hulle het God bly uitdaag’ (56)

Maskil.* Van Asaf.+ 78  Luister, my volk, na my wet.* Skenk aandag aan die woorde van my mond.   Ek sal my mond oopmaak met ’n spreekwoord. Ek sal raaisels van lank gelede vertel.+   Die dinge wat ons gehoor het en wat ons weet,wat ons vaders ons vertel het,+   sal ons nie vir hulle kinders wegsteek nie. Ons sal die geslag wat kom,van die lofwaardige dade van Jehovah en van sy krag vertel,+van die wonderlike dinge wat hy gedoen het.+   Hy het ’n herinnering in Jakob gegeeen ’n wet in Israel gemaak. Hy het ons voorvaders beveelom hierdie dinge aan hulle kinders bekend te maak,+   sodat die volgende geslag,die kinders wat nog gebore sal word, daarvan kan weet.+ Hulle sal weer hulle kinders daarvan vertel.+   Dan sal hulle hulle vertroue in God stel. Hulle sal God se werke nie vergeet nie.+ Hulle sal sy gebooie gehoorsaam.+   Dan sal hulle nie soos hulle voorvaders wees nie,’n hardkoppige en opstandige geslag,+’n geslag wie se hart nie standvastig* was nie+en wie se gees nie aan God getrou was nie.   Die Efraimiete was met die boog gewapen,maar hulle het teruggetrek op die dag van die geveg. 10  Hulle het nie die verbond van God gehou nie,+en hulle het geweier om sy wet te volg.+ 11  Hulle het ook vergeet wat hy gedoen het,+sy wonderlike werke wat hy hulle laat sien het.+ 12  Hy het wonderlike dinge voor die oë van hulle voorvaders gedoen,+in Egipte, die gebied van Soan.+ 13  Hy het die see verdeel sodat hulle kon deurgaan,en hy het die waters soos ’n dam* laat opstaan.+ 14  Hy het hulle in die dag met ’n wolk gelei,en deur die hele nag met die lig van ’n vuur.+ 15  Hy het rotse in die wildernis oopgebreek. Hy het hulle genoeg laat drink, asof uit diep waters.+ 16  Hy het strome uit ’n groot rots laat komen het waters soos riviere laat afvloei.+ 17  Maar hulle het aangehou om teen hom te sondigdeur teen die Allerhoogste in opstand te kom in die woestyn.+ 18  Hulle het God in hulle hart uitgedaag*+deur aan te dring op kos wat hulle begeer het. 19  Hulle het dus teen God gepraaten gesê: “Kan God ’n tafel in die wildernis dek?”+ 20  Kyk! Hy het ’n rots geslaansodat waters gevloei en uitgestroom het.+ “Kan hy vir ons ook brood gee,of kan hy vir sy volk vleis gee?”+ 21  Toe Jehovah hoor wat hulle sê, het hy woedend geword.+ ’n Vuur+ het teen Jakob gebrand,en sy woede het teen Israel opgevlam+ 22  omdat hulle nie geloof in God gestel het+of vertroue gehad het in sy vermoë om hulle te red nie. 23  Hy het die bewolkte lug ’n bevel gegee,en hy het die deure van die hemel oopgemaak. 24  Hy het aangehou om manna te laat reën vir hulle om te eet. Hy het die graan van die hemel vir hulle gegee.+ 25  Mense het die brood van magtiges* geëet.+ Hy het genoeg voorsien om hulle te versadig.+ 26  Hy het die oostewind in die hemel laat opkomen ’n suidewind deur middel van sy krag laat waai.+ 27  En hy het vleis op hulle laat reën net soos stof,voëls soos die sand van die see. 28  Hy het dit in die middel van sy kamp laat val,al om sy tente. 29  En hulle het geëet en hulle ooreet. Hy het hulle gegee wat hulle begeer het.+ 30  Maar voordat hulle hulle begeerte heeltemal bevredig het,terwyl hulle kos nog in hulle mond was, 31  het God woedend geword vir hulle.+ Hy het hulle sterkste manne doodgemaak.+ Hy het die jong manne van Israel neergeslaan. 32  Ten spyte hiervan het hulle selfs verder gesondig+en geen geloof in sy wonderlike werke gestel nie.+ 33  Daarom het hy hulle dae tot ’n einde gebring, asof dit net asem was,+en hulle jare beëindig deur middel van verskriklike dinge wat skielik oor hulle gekom het. 34  Maar elke keer wanneer hy party van hulle doodgemaak het, het hulle hom gesoek.+ Hulle het teruggekeer en God gesoek. 35  Hulle het onthou dat God hulle Rots is+en dat die allerhoogste God hulle Verlosser* is.+ 36  Maar hulle het hom met hulle mond probeer misleien met hulle tong vir hom gelieg. 37  Hulle hart was nie standvastig teenoor hom nie.+ En hulle was nie getrou aan sy verbond nie.+ 38  Maar hy was genadig.+ Hy het hulle oortreding vergewe* en hulle nie vernietig nie.+ Hy het sy woede dikwels teruggehou+in plaas daarvan om dit te laat opvlam. 39  Want hy het in gedagte gehou dat hulle vlees is,+’n wind wat verbywaai en nie terugkom nie.* 40  Hoe dikwels het hulle teen hom in die wildernis in opstand gekom+en sy gevoelens in die woestyn seergemaak!+ 41  Keer op keer het hulle God se geduld getoets,+en hulle het die Heilige van Israel hartseer gemaak.* 42  Hulle het vergeet van sy krag,*die dag toe hy hulle van die vyand gered* het,+ 43  hoe hy sy tekens in Egipte vertoon het+en sy wonderwerke in die gebied van Soan, 44  en hoe hy die Nylkanale in bloed verander het,+sodat hulle nie uit hulle strome kon drink nie. 45  Hy het swerms steekvlieë gestuur om hulle te verslind+en paddas om verwoesting oor hulle te bring.+ 46  Hy het hulle oeste aan die gulsige sprinkane gegee,die vrug van hulle arbeid aan die swerms sprinkane.+ 47  Hy het hulle wingerde met hael vernietig,+en hulle wildevyebome met haelstene. 48  Hy het hulle pakdiere aan die hael oorgegee,+en hulle vee aan die weerligstrale.* 49  Hy het sy brandende woede oor hulle gebring,groot woede en paniek,groepe engele wat rampspoed bring. 50  Hy het ’n pad vir sy woede oopgemaak. Hy het hulle nie van die dood teruggehou nie,en hy het hulle* aan vreeslike siektes oorgegee. 51  Uiteindelik het hy al die eersgeborenes van Egipte doodgemaak,+die begin van hulle voortplantingsvermoë in die tente van Gam. 52  Toe het hy sy volk uitgebring soos ’n kudde+en hulle gelei soos ’n trop in die wildernis. 53  Hy het hulle in veiligheid gelei,en hulle was nie bang nie.+ Die see het hulle vyande bedek.+ 54  En hy het hulle na sy heilige gebied gebring,+hierdie bergstreek wat sy regterhand verkry het.+ 55  Hy het die nasies voor hulle uit verdryf.+ Hy het ’n erfdeel met die maatlyn aan hulle toegeken.+ Hy het die stamme van Israel in hulle huise laat woon.+ 56  Maar hulle het aangehou om God, die Allerhoogste, uit te daag* en om teen hom in opstand te kom.+ Hulle het nie aandag geskenk aan sy herinneringe nie.+ 57  Hulle het ook bly wegdraai en was net so bedrieglik soos hulle voorvaders.+ Hulle was net so onbetroubaar soos ’n slap boog.+ 58  Hulle het hom bly aanstoot gee met hulle offerhoogtes,+en hulle het hom woedend* gemaak met hulle beelde.+ 59  God het gehoor en het woedend geword,+en daarom het hy Israel heeltemal verwerp. 60  Hy het uiteindelik die tabernakel van Silo+ verlaat,die tent waar hy onder die mense gewoon het.+ 61  Hy het die simbool van sy krag in gevangenskap laat gaan,sy prag in die hand van die vyand.+ 62  Hy het sy volk aan die swaard oorgelewer+en het woedend geword vir sy erfdeel. 63  Vuur het sy jong manne verteer,en geen huweliksliedjies is vir sy maagde gesing nie.* 64  Sy priesters is met die swaard doodgemaak,+en hulle weduwees het nie gehuil nie.+ 65  Toe het Jehovah wakker geword asof hy geslaap het,+soos ’n magtige man+ wat wakker word nadat hy baie wyn gedrink het. 66  En hy het sy vyande teruggedryf.+ Hy het permanente skande oor hulle gebring. 67  Hy het die tent van Josef verwerp. Hy het nie die stam van Eʹfraim uitgekies nie. 68  Maar hy het die stam van Juda uitgekies,+die berg Sion, waarvoor hy lief is.+ 69  Hy het sy heiligdom so permanent soos die hemel gemaak,*+soos die aarde wat hy vir ewig gevestig het.+ 70  Hy het sy kneg Dawid uitgekies+en hom van die skaapkrale af weggeneem,+ 71  weg van die ooie wat hulle kleintjies soog. Hy het hom die herder gemaak oor Jakob, sy volk,+en oor Israel, sy erfdeel.+ 72  Hy het met opregtheid* van hart as herder oor hulle toesig gehou+en hulle met vaardige hande gelei.+

Voetnote

Of “onderrigting”.
Lett. “voorbereid”.
Of “muur”.
Lett. “getoets”.
Of “engele”.
Of “Wreker”.
Lett. “bedek”.
Of moontlik “dat die gees uitgaan en nie terugkom nie”.
Of “gepynig”.
Lett. “hand”.
Lett. “verlos”.
Of moontlik “die brandende koors”.
Lett. “hulle lewe”.
Lett. “te toets”.
Of “jaloers”.
Lett. “en sy maagde is nie geprys nie”.
Lett. “Hy het sy heiligdom gebou soos die hoogtes”.
Of “integriteit”. Sien Woordelys.