Psalms 13:1-6

  • Verlange na Jehovah se redding

    • “Hoe lank, o Jehovah?” (1, 2)

    • Jehovah beloon ryklik (6)

Vir die musiekleier. ’n Melodie van Dawid. 13  Hoe lank, o Jehovah, sal u my vergeet? Vir ewig? Hoe lank sal u u gesig van my af wegdraai?+   Hoe lank moet ek angstig en bekommerd wees,met droefheid in my hart elke dag? Hoe lank sal my vyand die oorhand hê?+   Sien my raak en antwoord my, o Jehovah my God. Gee lig vir my oë, sodat ek nie in die dood gaan slaap nie,   sodat my vyand nie sal sê: “Ek het hom oorwin!” nie. Moenie toelaat dat my teenstanders bly word oor my ondergang nie.+   Ek vertrou op u lojale liefde.+ My hart sal bly wees oor u dade van redding.+   Ek sal vir Jehovah sing, want hy het my ryklik beloon.+

Voetnote