Psalms 24:1-10

  • Glorieryke Koning gaan by poorte in

    • “Aan Jehovah behoort die aarde” (1)

Van Dawid. ’n Melodie. 24  Aan Jehovah behoort die aarde en alles daarop,+die vrugbare land en dié wat daarop woon.   Want hy het dit gegrondves op die seë+en dit stewig gevestig op die riviere.   Wie mag na die berg van Jehovah opgaan,+en wie mag in sy heiligdom opstaan?   Enigiemand met onskuldige hande en ’n suiwer hart,+wat nie by My lewe* ’n valse eed afgelê hetof ’n eed afgelê het met die doel om te bedrieg nie.+   Hy sal seëninge van Jehovah ontvang,+en regverdigheid* van sy God van redding.+   Dit is die geslag van dié wat hom dien,*van dié wat u goedkeuring soek, o God van Jakob. (Sela)   Lig op julle koppe, o poorte.+ Maak oop, o eeue oue ingange,sodat die glorieryke Koning kan ingaan!+   Wie is hierdie glorieryke Koning? Jehovah, sterk en magtig,+Jehovah, magtig in die geveg.+   Lig op julle koppe, o poorte.+ Maak oop, o eeue oue ingange,sodat die glorieryke Koning kan ingaan! 10  Wie is hy, hierdie glorieryke Koning? Jehovah van die leërmagte – hy is die glorieryke Koning.+ (Sela)

Voetnote

Of “My siel”, met verwysing na Jehovah se lewe waarby iemand sweer.
Of “geregtigheid”.
Lett. “soek”.