Psalms 98:1-9

  • Jehovah, Redder en regverdige Regter

    • Jehovah se redding bekend gemaak (2, 3)

’n Melodie. 98  Sing vir Jehovah ’n nuwe lied,+want hy het wonderlike dinge gedoen.+ Sy regterhand, sy heilige arm, het gered.*+   Jehovah het sy redding+ bekend gemaak. Hy het sy regverdigheid voor die nasies geopenbaar.+   Hy het gedink aan sy lojale liefde en sy getrouheid aan die huis van Israel.+ Al die eindes van die aarde het die redding deur* ons God gesien.+   Roep van vreugde uit tot Jehovah, almal op die aarde. Wees vrolik en roep van vreugde uit en sing lofliedere.*+   Sing lofliedere* vir Jehovah terwyl daar op die harp gespeel word,terwyl daar op die harp gespeel en gesing word.   Roep van vreugde uit voor die Koning, Jehovah,+met die trompette en die geluid van die horing.   Laat die see en alles daarin dreun,die aarde* en dié wat daarop woon.   Laat die riviere hulle hande klap. Laat die berge saam van vreugde uitroep+   voor Jehovah, want hy kom* om die aarde te oordeel. Hy sal die bewoonde aarde* met regverdigheid oordeel,+en die volke met geregtigheid.+

Voetnote

Of “het vir hom oorwinning verkry”.
Of “die oorwinning van”.
Of “maak musiek”.
Of “Maak musiek”.
Of “vrugbare land”.
Of “het gekom”.
Of “die vrugbare land”.