Psalms 150:1-6

  • Laat alles wat asemhaal, Jah loof

    • Halleluja! (1, 6)

150  Loof Jah!*+ Loof God in sy heiligdom.+ Loof hom in die hemel, wat getuig van sy krag.*+   Loof hom vir sy magtige werke.+ Loof hom vir sy onmeetlike grootheid.+   Loof hom deur op die horing te blaas.+ Loof hom met die snaarinstrument en die harp.+   Loof hom met die tamboeryn+ en die sirkeldans. Loof hom met snare+ en die fluit.+   Loof hom met die klank van simbale. Loof hom met die slag van simbale.+   Laat alles wat asemhaal Jah loof. Loof Jah!*+

Voetnote

Of “Halleluja!” “Jah” is ’n verkorte vorm van die naam Jehovah.
Lett. “die uitspansel van sy krag”.
Of “Halleluja!” “Jah” is ’n verkorte vorm van die naam Jehovah.