Psalms 53:1-6
Vir die musiekleier: In die styl van Mahalat.* Maskil.* Van Dawid.
53 Die dwaas* sê in sy hart:
“Daar is geen Jehovah nie.”+
Hulle onregverdige dade is korrup en afskuwelik.
Nie een van hulle doen wat goed is nie.+
2 Maar God kyk vanuit die hemel na die mense+om te sien of enigiemand insig het en of enigiemand Jehovah se leiding soek.+
3 Hulle het almal afgedwaal,en hulle is almal goddeloos.
Niemand doen wat goed is nie,nie eers een nie.+
4 Is daar nie eers een oortreder wat verstaan nie?
Hulle verslind my volk asof hulle brood eet.
Hulle roep Jehovah nie aan nie.+
5 Maar hulle sal met groot vrees vervul word,’n vrees wat hulle nog nooit ondervind het nie,*want God sal al die beendere verstrooi van dié wat jou aanval.*
Jy sal hulle verneder, want Jehovah het hulle verwerp.
6 O mag Israel se redding uit Sion+ kom!
Wanneer Jehovah sy gevange volk weer terugbring,laat Jakob bly wees, laat Israel vreugdevol wees.
Voetnote
^ Of “verstandelose”.
^ Of moontlik “vrees waar daar niks was om te vrees nie”.
^ Lett. “teen jou kamp opslaan”.