Psalms 136:1-26
136 Dank Jehovah, want hy is goed.+
Sy lojale liefde duur vir ewig.+
2 Dank die God van die gode,+want sy lojale liefde duur vir ewig.
3 Dank die Here van die here,want sy lojale liefde duur vir ewig.
4 Hy alleen doen groot wonders,+want sy lojale liefde duur vir ewig.+
5 Hy het die hemel met vaardigheid* gemaak,+want sy lojale liefde duur vir ewig.
6 Hy het die aarde bo die water uitgesprei,+want sy lojale liefde duur vir ewig.
7 Hy het die groot ligte gemaak,+want sy lojale liefde duur vir ewig,
8 die son om oor die dag te heers,+want sy lojale liefde duur vir ewig,
9 die maan en die sterre om oor die nag te heers,+want sy lojale liefde duur vir ewig.
10 Hy het Egipte se eersgeborenes doodgemaak,+want sy lojale liefde duur vir ewig.
11 Hy het Israel onder hulle uitgelei,+want sy lojale liefde duur vir ewig,
12 met ’n magtige hand+ en ’n uitgestrekte arm,want sy lojale liefde duur vir ewig.
13 Hy het die Rooisee in twee* verdeel,+want sy lojale liefde duur vir ewig.
14 Hy het Israel daardeur laat gaan,+want sy lojale liefde duur vir ewig.
15 Hy het Farao en sy leërmag in die Rooisee afgeskud,+want sy lojale liefde duur vir ewig.
16 Hy het sy volk deur die wildernis gelei,+want sy lojale liefde duur vir ewig.
17 Hy het groot konings doodgemaak,+want sy lojale liefde duur vir ewig.
18 Hy het magtige konings doodgemaak,want sy lojale liefde duur vir ewig,
19 Sihon,+ die koning van die Amoriete,want sy lojale liefde duur vir ewig,
20 en Og,+ die koning van Basan,want sy lojale liefde duur vir ewig.
21 Hy het hulle land as ’n erfdeel gegee,+want sy lojale liefde duur vir ewig,
22 as ’n erfdeel aan sy kneg Israel,want sy lojale liefde duur vir ewig.
23 In ons vernedering het hy aan ons gedink,+want sy lojale liefde duur vir ewig.+
24 Hy het ons bly red van ons vyande,+want sy lojale liefde duur vir ewig.
25 Hy gee voedsel aan alles wat lewe,+want sy lojale liefde duur vir ewig.
26 Dank die God van die hemel,want sy lojale liefde duur vir ewig.