Psalms 12:1-8
-
Jehovah staan op om op te tree
-
God se woorde is suiwer (6)
-
Vir die musiekleier: Op die Sjeminit* ingestem. ’n Melodie van Dawid.
12 Red my, o Jehovah, want die lojales het verdwyn.
Daar is nie meer getroue persone onder die mense nie.
2 Hulle lieg vir mekaar,en hulle vlei met hulle lippe* en praat met bedrieglike harte.*+
3 Jehovah sal alle vleiende lippe afsny,sowel as die tong wat grootpraat,+
4 dié wat sê: “Met ons tong sal ons oorwin.
Ons gebruik ons lippe soos ons wil.Niemand sal ons meester wees nie.”+
5 “As gevolg van dié wat swaarkry en onderdruk word,as gevolg van die armes wat sug,+sal ek opstaan en optree,” sê Jehovah.
“Ek sal hulle red van die mense wat hulle bespot.”
6 Die woorde van Jehovah is suiwer.+
Dit is soos silwer wat in ’n kleioond* gesuiwer is, sewe keer gereinig.
7 U sal oor hulle waak, o Jehovah.+
U sal elkeen van hulle vir ewig teen hierdie geslag beskerm.
8 Die goddeloses loop vryelik rond,want die mense bevorder goddeloosheid.+
Voetnote
^ Lett. “praat met ’n gladde lip”.
^ Lett. “met ’n hart en ’n hart”.
^ Of moontlik “’n smeltoond wat op die grond staan”.