Psalms 14:1-7
Vir die musiekleier. Van Dawid.
14 Die dwaas sê in sy hart:
“Daar is geen Jehovah nie.”+
Hulle dade is korrup en hulle optrede is afskuwelik.
Nie een van hulle doen wat goed is nie.+
2 Maar Jehovah kyk vanuit die hemel na die menseom te sien of enigiemand insig het en of enigiemand Jehovah se leiding soek.+
3 Hulle het almal afgedwaal,+en hulle is almal goddeloos.
Niemand doen wat goed is nie,nie eers een nie.
4 Is daar nie eers een oortreder wat verstaan nie?
Hulle verslind my volk asof hulle brood eet.
Hulle roep Jehovah nie aan nie.
5 Maar hulle sal met groot vrees vervul word,+want Jehovah is met die geslag van die regverdiges.
6 Julle, die oortreders, probeer om die planne van die hulpelose te laat misluk,maar Jehovah is sy skuilplek.+
7 O mag Israel se redding uit Sion kom!+
Wanneer Jehovah sy gevange volk weer terugbring,laat Jakob bly wees, laat Israel vreugdevol wees.