Psalms 26:1-12
Van Dawid.
26 Oordeel my, o Jehovah, want ek het ’n weg van integriteit* gevolg.+
Ek het op Jehovah vertrou sonder om te twyfel.+
2 Ondersoek my, o Jehovah, en toets my.
Suiwer my diepste gedagtes* en my hart.+
3 Want u lojale liefde is altyd voor my,en ek volg die weg van u waarheid.+
4 Ek assosieer nie met* bedrieglike mense nie,+en ek vermy mense wat wegsteek wat hulle is.*
5 Ek haat die geselskap van slegte mense,+en ek weier om te assosieer met* die goddeloses.+
6 Ek sal my hande in onskuld was,en ek sal om u altaar loop, o Jehovah,
7 om die geluid van danksegging te laat hoor,+en om al u wonderlike werke bekend te maak.
8 Jehovah, ek is lief vir die huis waar u woon,+die plek waar u heerlikheid is.+
9 Moet my nie saam met sondaars wegvee+of my lewe wegneem saam met gewelddadige* mense nie.
10 Hulle hande doen skandelike dinge,en hulle regterhand is vol omkoopgeskenke.
11 Maar wat my betref, ek sal ’n weg van integriteit* volg.
Red* my en wees genadig teenoor my.
12 My voet staan op vaste grond.+
In die groot gemeente* sal ek Jehovah loof.+