Psalms 30:1-12

  • Getreur in vreugde verander

    • God se goedkeuring is lewenslank (5)

’n Melodie. ’n Lied vir die inwyding van die huis. Van Dawid. 30  Ek sal u verheerlik, o Jehovah, want u het my opgelig.* U het my vyande nie toegelaat om oor my bly te wees nie.+   O Jehovah my God, ek het tot u om hulp geroep, en u het my gesond gemaak.+   O Jehovah, u het my uit die Graf* opgelig.+ U het my aan die lewe gehou. U het gekeer dat ek na die graf afgaan.+   Sing lofliedere* vir Jehovah, o julle wat lojaal is aan hom,+loof sy heilige naam.*+   Want sy woede is net vir ’n oomblik,+maar sy goedkeuring is lewenslank.+ Dalk word daar in die aand gehuil, maar in die oggend is daar ’n uitroep van vreugde.+   Toe ek nie sorge gehad het nie, het ek gesê: “Ek sal altyd standvastig wees.”*   O Jehovah, toe ek u goedkeuring geniet het, het u my so sterk soos ’n berg gemaak.+ Maar toe u u gesig weggedraai het, het ek baie bang geword.+   Ek het tot u bly roep, o Jehovah,+en ek het Jehovah bly smeek om my sy goedkeuring te gee.   Watter voordeel is daar as ek doodgaan,* as ek na die graf afgaan?+ Sal die stof u loof?+ Sal dit van u getrouheid praat?+ 10  Hoor, o Jehovah, en wees genadig teenoor my.+ O Jehovah, word my helper.+ 11  U het my getreur in gedans verander. U het my saklinne uitgetrek en my met blydskap beklee, 12  sodat ek* kan sing om u te loof en nie sal stilbly nie. O Jehovah my God, ek sal u vir ewig loof.

Voetnote

Of “opgetrek”.
Of “Sjeool”. Sien Woordelys.
Of “Maak musiek”.
Lett. “heilige gedagtenis”.
Of “nooit wankel nie”.
Lett. “in my bloed”.
Of “my heerlikheid”.