Psalms 77:1-20
Vir die musiekleier: Op Jeduʹtun.* Van Asaf.+ ’n Melodie.
77 Met my stem sal ek tot God roep.
Ek sal tot God roep, en hy sal my hoor.+
2 Op die dag van my rampspoed soek ek Jehovah.+
In die nag is my hande heeltyd* na hom toe uitgestrek.
Ek kan nie vertroos word nie.
3 Wanneer ek aan God dink, kreun ek.+
Ek is baie bekommerd en het nie meer krag nie.*+ (Sela)
4 U laat nie toe dat ek my oë toemaak nie.
Ek is ontsteld en kan nie praat nie.
5 Ek het begin dink aan die dae van lank gelede,+die jare van die verre verlede.
6 In die nag dink ek aan my lied.*+
Ek peins in my hart.+
Ek* stel deeglik ondersoek in.
7 Sal Jehovah ons vir ewig verwerp?+
Sal hy ons nooit weer sy goedkeuring gee nie?+
8 Het sy lojale liefde vir ewig geëindig?
Sal sy belofte van geslag tot geslag op niks uitloop nie?
9 Het God vergeet om medelye* te betoon?+
Of het sy woede sy genade laat ophou? (Sela)
10 Moet ek bly sê: “Dít is wat my pla:*+
Die Allerhoogste het sy standpunt* teenoor ons verander”?
11 Ek sal aan die werke van Jah dink.
Ek sal aan u wonderlike dade van lank gelede dink.
12 En ek sal nadink oor alles wat u doenen peins oor u handelinge.+
13 O God, u weë is heilig.
Watter god is so groot soos u, o God?+
14 U is die ware God, wat wonderlike dinge doen.+
U het u krag aan die volke geopenbaar.+
15 Met u krag* het u u volk gered,*+die kinders van Jakob en van Josef. (Sela)
16 Die waters het u gesien, o God.
Die waters het u gesien en het onrustig geword.+
Die diep waters het onstuimig geword.
17 Die wolke het water uitgestort.
In die bewolkte lug het donderslae gedreun,en u pyle het in alle rigtings gevlieg.+
18 Die geluid van u donderslae+ was soos die wiele van strydwaens.
Weerligstrale het die bewoonde aarde* verlig.+
Die aarde het gebewe en geskud.+
19 U weg het deur die see gegaan,+u pad deur baie waters.
Maar u voetspore kon nie gevind word nie.
20 U het u volk net soos ’n kudde gelei,+in die sorg* van Moses en Aäron.+
Voetnote
^ Lett. “sonder om slap te word”.
^ Lett. “my gees gee in”.
^ Of “snaarmusiek”.
^ Lett. “My gees”.
^ Of “deurboor”.
^ Lett. “regterhand”.
^ Lett. “arm”.
^ Lett. “verlos”.
^ Of “die vrugbare land”.
^ Lett. “deur die hand”.