Psalms 127:1-5
’n Lied van die opgange. Van Salomo.
127 As Jehovah nie die huis bou nie,werk die bouers verniet hard daaraan.+
As Jehovah nie die stad beskerm nie,+bly die wag verniet wakker.
2 Julle staan verniet vroeg op,julle bly verniet laat wakker,julle werk verniet hard vir julle voedsel,want hy sorg vir sy geliefdes en gee hulle slaap.+
3 Kyk! Seuns* is ’n erfdeel van Jehovah,+en die vrug van die baarmoeder is ’n beloning.+
4 Soos pyle in die hand van ’n sterk man,so is die seuns wat gebore is in jou jeug.+
5 Gelukkig is die man wat sy pylkoker met hulle vul.+
Hulle sal nie verneder word nie,want hulle sal met vyande in die stadspoort praat.
Voetnote
^ Of “Kinders”.

