Psalms 102:1-28

  • Gebed van onderdrukte wat hoop verloor het

    • “Ek is soos ’n eensame voël” (7)

    • “My dae is soos ’n skaduwee” (11)

    • “Jehovah sal Sion herbou” (16)

    • Jehovah bestaan vir ewig (26, 27)

’n Gebed van die onderdrukte wanneer hy alle moed verloor het* en sy besorgdheid voor Jehovah uitstort.+ 102  O Jehovah, hoor my gebed.+ Laat my geroep om hulp u bereik.+   Moenie u gesig van my af wegdraai wanneer ek deur moeilike tye gaan nie.+ Skenk aandag aan* my. Antwoord my tog gou wanneer ek roep.+   Want my dae verdwyn soos rook,en my beendere is gebrand soos ’n vuurmaakplek.+   My hart is soos gras wat afgesny is en uitgedroog het,+want ek vergeet om te eet.   As gevolg van my harde gekreun+is ek net vel en been.+   Ek lyk soos die pelikaan van die wildernis. Ek is soos ’n steenuil in verwoeste plekke.   Ek lê wakker.* Ek is soos ’n eensame voël op ’n dak.+   Die hele dag lank tart my vyande my uit.+ Dié wat my spot,* gebruik my naam as ’n vloekwoord.   Want ek eet as in die plek van brood,+en wat ek drink, is gemeng met trane+ 10  as gevolg van u groot woede,want u het my opgelig, net om my weg te gooi. 11  My dae is soos ’n skaduwee wat verdwyn,*+en ek verlep soos gras.+ 12  Maar u bly vir ewig, o Jehovah,+en u roem* sal van geslag tot geslag duur.+ 13  U sal beslis opstaan en genadig wees teenoor Sion,+want die tyd het aangebreek om u genade aan haar te betoon.+ Die vasgestelde tyd het gekom.+ 14  Want u knegte vind vreugde in haar klippe,+en hulle is selfs lief vir haar stof.+ 15  Die nasies sal die naam van Jehovah vrees,en al die konings van die aarde u heerlikheid.+ 16  Want Jehovah sal Sion herbou.+ Hy sal in sy heerlikheid verskyn.+ 17  Hy sal aandag skenk aan die gebed van dié wat hulpeloos is.+ Hy sal hulle gebed nie verwerp nie.+ 18  Dit word vir die toekomstige geslag neergeskryf,+sodat ’n volk wat nog voortgebring* moet word, Jah sal loof. 19  Want hy kyk af uit sy heilige hoogte.+ Uit die hemel kyk Jehovah na die aarde 20  om te hoor wanneer die gevangene sug,+om dié wat tot die dood veroordeel is, te bevry,+ 21  sodat die naam van Jehovah in Sion bekend gemaak kan word,+en sy lof in Jerusalem, 22  wanneer die volke en die koninkrykebymekaarkom om Jehovah te dien.+ 23  Hy het my krag te vroeg van my af weggeneem. Hy het my dae verkort. 24  Ek het gesê: “O my God,moet my nie in die middel van my lewe wegvee nie,u wie se jare deur alle geslagte strek.+ 25  Lank gelede het u die fondamente van die aarde gelê,en die hemele is die werk van u hande.+ 26  Hulle sal ophou bestaan, maar u sal bly bestaan. Net soos ’n kledingstuk sal hulle almal oud word. Net soos klere sal u hulle vervang, en hulle sal nie meer daar wees nie. 27  Maar u is dieselfde, en u jare sal nooit eindig nie.+ 28  Die kinders van u knegte sal in veiligheid woon,en hulle nageslag sal stewig gevestig word voor u.”+

Voetnote

Of “swak word”.
Of “Buig neer en luister na”.
Of moontlik “Ek is uitgeteer”.
Of “wat my vir die gek hou”.
Of “lank word”.
Of “naam”. Lett. “gedagtenis”.
Lett. “geskep”.