Psalms 142:1-7
Maskil.* Van Dawid, toe hy in die grot was.+ ’n Gebed.
142 Met my stem roep ek tot Jehovah om hulp.+
Met my stem smeek ek Jehovah om genade aan my te betoon.
2 Ek stort my bekommernis voor hom uit.
Ek vertel hom van my angstigheid+
3 wanneer my gees* in my verswak.
Dan waak u oor my weg.+
Hulle het vir my ’n strik gestelop die pad waarop ek loop.
4 Kyk na my regterhand en siendat niemand vir my omgee* nie.+
Ek kan nêrens heen vlug nie.+
Niemand is bekommerd oor my nie.
5 Ek roep tot u om my te help, o Jehovah.
Ek sê: “U is my skuilplek,+al wat ek het* in die land van die lewendes.”
6 Skenk aandag aan my hulpgeroep,want ek het baie diep gesink.
Red my van my vervolgers,+want hulle is sterker as ek.
7 Bevry my uit die gevangenissodat ek u naam kan prys.
Laat die regverdiges om my bymekaarkomomdat u goed is vir my.