Psalms 1:1-6

  • Twee verskillende weë

    • Verkry geluk deur God se wet te lees (2)

    • Regverdiges soos vrugbare boom (3)

    • Goddeloses soos kaf wat weggewaai word (4)

1  Gelukkig is die man wat nie die raad van die goddeloses volg nieen nie op die weg van sondaars staan nie+en nie by spotters sit nie.+   Maar hy vind vreugde in die wet van Jehovah,+en dag en nag lees hy Sy wet en dink hy daaroor na.*+   Hy sal soos ’n boom wees wat by waterstrome geplant is,’n boom wat vrugte op die regte tyd gee,waarvan die blare nie verlep nie. Alles wat hy doen, sal suksesvol wees.+   Die goddeloses is nie so nie. Hulle is soos die kaf wat deur die wind weggewaai word.   Daarom sal die goddeloses nie in die oordeel bly staan nie,+en sondaars sal ook nie in die vergadering van die regverdiges bly staan nie.+   Want Jehovah is bewus van die weg van die regverdiges,+maar die weg van die goddeloses sal tot ’n einde kom.+

Voetnote

Of “met ’n gedempte stem”.