Psalms 120:1-7

  • Uitlander se verlange na vrede

    • ‘Red my van bedrieglike tong’ (2)

    • “Ek wil vrede hê” (7)

’n Lied van die opgange.* 120  Ek het in my angstigheid tot Jehovah geroep,+en hy het my geantwoord.+   O Jehovah, red my van valse lippeen van die bedrieglike tong.   Wat sal Hy aan jou doen, en hoe sal Hy jou straf,*o bedrieglike tong?+   Met skerp pyle+ van ’n vegteren met brandende kole+ van besemstruike.   Dit gaan sleg met my, want ek woon as ’n uitlander in Meseg!+ Ek woon tussen die tente van Kedar.+   Ek woon al veels te lankby dié wat vrede haat.+   Ek wil vrede hê, maar wanneer ek praat,wil hulle oorlog hê.

Voetnote

Lett. “en wat sal Hy vir jou byvoeg”.