Psalms 135:1-21
135 Loof Jah!*
Loof die naam van Jehovah.
Bring lof, o knegte van Jehovah,+
2 julle wat in die huis van Jehovah staan,in die voorhowe van die huis van ons God.+
3 Loof Jah, want Jehovah is goed.+
Sing liedere* om sy naam te loof, want dit is aangenaam.
4 Want Jah het Jakob vir hom uitgekies,Israel as sy spesiale eiendom.*+
5 Want ek weet goed dat Jehovah groot is.
Ons Here is groter as alle ander gode.+
6 Jehovah doen alles wat hy wil doen,+in die hemel en op die aarde, in die seë en in al die dieptes.
7 Hy laat wolke* van die eindes van die aarde af opstyg.
Hy maak weerlig* vir die reën,en hy bring die wind uit sy stoorkamers uit.+
8 Hy het die eersgeborenes van Egipte doodgemaak,mens sowel as dier.+
9 Hy het tekens en wonderwerke tussen julle ingestuur, o Egipte,+teen Farao en al sy knegte.+
10 Hy het baie nasies verslaan+en magtige konings doodgemaak:+
11 Sihon, die koning van die Amoriete,+Og, die koning van Basan,+en al die koninkryke van Kanaän.
12 Hy het hulle land as ’n erfdeel gegee,as ’n erfdeel aan sy volk Israel.+
13 O Jehovah, u naam bly vir ewig.
O Jehovah, u roem* duur van geslag tot geslag.+
14 Want Jehovah sal sy volk verdedig,*+en hy sal medelye* hê met* sy knegte.+
15 Die afgode van die nasies is silwer en goud,die werk van mensehande.+
16 Hulle het ’n mond, maar hulle kan nie praat nie,+oë, maar hulle kan nie sien nie.
17 Hulle het ore, maar hulle kan nie hoor nie.
Daar is geen asem in hulle mond nie.+
18 Die mense wat hulle maak, sal net soos hulle word,+en so ook almal wat op hulle vertrou.+
19 O huis van Israel, loof Jehovah.
O huis van Aäron, loof Jehovah.
20 O huis van Levi, loof Jehovah.+
Julle wat Jehovah vrees, loof Jehovah.
21 Mag Jehovah vanuit Sion geloof word,+hy wat in Jerusalem woon.+
Loof Jah!+