Psalms 144:1-15

  • Gebed vir oorwinning

    • ‘Wat is sterflike mens?’ (3)

    • ‘Laat vyande verstrooi word’ (6)

    • Gelukkig is Jehovah se volk (15)

Van Dawid. 144  Mag Jehovah, my Rots,+ geloof word,wat my hande leer om te vegen my vingers om oorlog te maak.+   Hy is my lojale liefde en my vesting,my veilige skuilplek* en my redder,my skild en die Een by wie ek skuiling kom vind het,+die Een wat volke onder my onderwerp.+   O Jehovah, wat is die mens dat u hom sou raaksien,die seun van ’n sterflike mens dat u aandag aan hom sou gee?+   Die mens is maar net soos asem.+ Sy dae is soos ’n skaduwee wat verbygaan.+   O Jehovah, laat sak* u hemel en daal neer.+ Raak aan die berge en laat hulle rook.+   Laat weerlig blits en verstrooi die vyand.+ Skiet u pyle en verwar hulle.+   Steek u hande uit van bo af. Bevry my en red my uit die onstuimige water,uit die hand* van die uitlanders,+   wie se mond leuens vertelen wat hulle regterhand oplig om valslik te sweer.*   O God, ek sal ’n nuwe lied vir u sing.+ Terwyl daar op ’n tiensnarige instrument gespeel word, sal ek vir u lofliedere sing,* 10  vir die Een wat oorwinning* aan konings gee,+die Een wat sy kneg Dawid van die dodelike swaard red.+ 11  Red my en bevry my uit die hand van die uitlanders,wie se mond leuens vertelen wat hulle regterhand oplig om valslik te sweer. 12  Dan sal ons seuns soos jong plantjies wees wat vinnig opskiet,en ons dogters soos hoekpilare wat vir ’n paleis gemaak is. 13  Ons voorraadskure sal oorloop van allerhande soorte voedsel. Ons kleinvee in ons velde sal vermeerder by die duisende, by die tienduisende. 14  Ons dragtige koeie sal niks oorkom* en geen misgeboorte hê nie. Geen geskree of gekla sal op ons openbare pleine gehoor word nie. 15  Gelukkig is die volk met wie dit so gaan! Gelukkig is die volk wie se God Jehovah is!+

Voetnote

Of “veilige hoogte”.
Of “buig”.
Of “greep”.
Lett. “en hulle regterhand is ’n regterhand van onwaarheid”.
Of “musiek maak”.
Of “redding”.
Of “geen skeuring”.