Psalms 19:1-14

  • God se skepping en wet is getuies

    • ‘Hemele maak God se heerlikheid bekend’ (1)

    • God se volmaakte wet gee nuwe krag (7)

    • “Sondes waarvan ek nie bewus is nie” (12)

Vir die musiekleier. ’n Melodie van Dawid. 19  Die hemele maak die heerlikheid van God bekend.+ Die hemelruim* verkondig die werk van sy hande.+   Dag ná dag borrel hulle spraak uit,en nag ná nag openbaar hulle kennis.   Daar is geen spraak en daar is geen woorde nie. Hulle stem word nie gehoor nie.   Maar hulle geluid* het oor die hele aarde uitgegaan,en hulle boodskap tot aan die eindes van die aarde.*+ In die hemel het hy ’n tent vir die son opgeslaan.   Dit is soos ’n bruidegom wat uit die bruidskamer kom. Dit is vol vreugde, soos ’n sterk man wat in ’n wedloop hardloop.   Dit kom op aan die een einde van die hemelen dit gaan oor na die ander einde daarvan,+en niks kan die hitte daarvan ontsnap nie.   Die wet van Jehovah is volmaak.+ Dit gee nuwe krag.*+ Die herinnering van Jehovah is betroubaar.+ Dit maak die onervarene wys.+   Die bevele van Jehovah is regverdig. Dit maak die hart bly.+ Die gebod van Jehovah is rein. Dit laat die oë straal.+   Die vrees vir Jehovah+ is suiwer. Dit bly vir ewig. Die oordele van Jehovah is waar. Dit is heeltemal regverdig.+ 10  Dit is begeerliker as goud,as ’n groot hoeveelheid suiwer* goud,+en soeter as heuning+ wat uit die heuningkoeke drup. 11  U kneg is daardeur gewaarsku.+ Wanneer ’n mens dit gehoorsaam, is daar ’n groot beloning.+ 12  Wie kan sy eie foute raaksien?+ Verklaar my onskuldig van sondes waarvan ek nie bewus is nie. 13  En hou u kneg terug van vermetele* dade.+ Moenie toelaat dat dit my oorheers nie.+ Dan sal ek volkome wees+en nie aan ernstige sondes* skuldig wees nie. 14  Mag die woorde van my mond en die bepeinsing van my hartaangenaam wees vir u,+ o Jehovah, my Rots+ en my Verlosser.+

Voetnote

Of “uitgestrekte lugruim”.
Of moontlik “maatlyn”.
Of “vrugbare land”.
Of “Dit herstel die siel; bring die siel terug”.
Of “gesuiwerde”.
Iemand is vermetel as hy iets doen wat hy nie die reg of gesag het om te doen nie.
Of “baie oortredings”.