Psalms 93:1-5

  • Jehovah se glorieryke heerskappy

    • “Jehovah het Koning geword!” (1)

    • ‘U herinneringe is betroubaar’ (5)

93  Jehovah het Koning geword!+ Hy is met heerlikheid geklee. Jehovah is geklee met krag. Hy dra dit soos ’n lyfband. Die aarde* is stewig gevestig. Dit kan nie beweeg word* nie.   U troon is lank gelede stewig gevestig.+ U het nog altyd bestaan.+   Die riviere het onstuimig geword, o Jehovah. Die riviere het onstuimig geword en gedruis. Die riviere bly onstuimig en hou aan dreun.   Jehovah is indrukwekkend in die hoogtes,+bo die geluid van baie waters,magtiger as die branders van die see.+   U herinneringe is baie betroubaar.+ Heiligheid versier* u huis,+ o Jehovah, vir altyd.

Voetnote

Of “vrugbare land”.
Of “wankel”.
Of “is gepas vir”.