Numeri 35:1-34

  • Stede vir Leviete (1-8)

  • Vrystede (9-34)

35  Jehovah het op die woestynvlaktes van Moab by die Jordaanrivier+ oorkant Jeʹrigo vir Moses gesê:  “Sê vir die Israeliete dat hulle stede uit hulle erfdeel aan die Leviete moet gee om in te woon,+ en hulle moet die weivelde rondom die stede aan die Leviete gee.+  Hulle sal in die stede woon, en die weivelde sal vir hulle vee, hulle besittings en al hulle ander diere wees.  Die weivelde rondom die stede wat julle aan die Leviete moet gee, moet van die stadsmuur af buitentoe 1 000 el* wees.  Julle moet buite die stad 2 000 el aan die oostekant meet, 2 000 el aan die suidekant, 2 000 el aan die westekant en 2 000 el aan die noordekant, met die stad in die middel. Dit sal die weivelde van hulle stede wees.  “Julle moet 6 vrystede+ aan die Leviete gee, sodat ’n persoon wat iemand doodgemaak het, daarheen kan vlug,+ en julle moet vir hulle ook 42 ander stede gee.  Julle moet altesaam 48 stede aan die Leviete gee, saam met hulle weivelde.+  Die stede wat julle aan hulle gee, moet uit die besitting van die Israeliete wees.+ Julle moet meer stede by die groter groepe neem, en minder stede by die kleiner groepe.+ Elke groep moet van sy stede aan die Leviete gee in verhouding tot die erfdeel wat hy ontvang.”  Jehovah het verder vir Moses gesê: 10  “Sê vir die Israeliete: ‘Julle gaan deur die Jordaanrivier trek na die land Kanaän.+ 11  Julle moet stede uitkies wat vir julle geskik is om as vrystede te dien, waarheen ’n persoon kan vlug as hy iemand* onopsetlik doodgemaak het.+ 12  Hierdie stede sal vir julle as ’n beskerming teen die bloedwreker dien,+ sodat die persoon wat iemand doodgemaak het, nie sterf voordat hy deur die gemeente verhoor word nie.+ 13  Dit sal die doel wees van die ses vrystede wat julle voorsien. 14  Julle moet drie stede aan hierdie kant van die Jordaanrivier voorsien+ om as vrystede te dien, en drie stede in die land Kanaän.+ 15  Hierdie ses stede sal as ’n beskerming dien vir die Israeliete, vir die uitlander wat onder julle woon+ en vir die tydelike inwoner, sodat die persoon wat iemand* onopsetlik doodmaak, daarheen kan vlug.+ 16  “‘Maar as hy hom met ’n ystervoorwerp geslaan het en die persoon sterf, is hy ’n moordenaar. Die moordenaar moet vir seker doodgemaak word.+ 17  En as hy hom geslaan het met ’n klip wat hom kan doodmaak, en die persoon sterf, is hy ’n moordenaar. Die moordenaar moet vir seker doodgemaak word. 18  En as hy hom geslaan het met ’n houtvoorwerp wat hom kan doodmaak, en die persoon sterf, is hy ’n moordenaar. Die moordenaar moet vir seker doodgemaak word. 19  “‘Die bloedwreker is die een wat die moordenaar moet doodmaak. Wanneer hy op hom afkom, moet hy hom doodmaak. 20  As hy hom uit haat gestamp het of met slegte bedoelings* iets na hom gegooi het+ en die persoon sterf, 21  of as hy hom uit haat met sy hand geslaan het en die persoon sterf, moet die een wat hom geslaan het, vir seker doodgemaak word. Hy is ’n moordenaar. Die bloedwreker moet die moordenaar doodmaak wanneer hy op hom afkom. 22  “‘Maar as hy hom per ongeluk gestamp het en hom nie gehaat het nie, of as hy hom met ’n voorwerp gegooi het, maar nie slegte bedoelings gehad het nie,*+ 23  of as hy hom nie gesien het nie en ’n klip op hom laat val het en hy nie sy vyand was of hom wou seermaak nie en die persoon gesterf het, 24  dan moet die gemeente oordeel tussen die een wat hom geslaan het en die bloedwreker, in ooreenstemming met hierdie bevele.+ 25  Die regters van Israel moet dan die persoon wat iemand doodgemaak het, uit die hand van die bloedwreker red, en hulle moet hom laat terugkeer na sy vrystad waarheen hy gevlug het, en hy moet daarin woon tot die dood van die hoëpriester wat met die heilige olie gesalf is.+ 26  “‘Maar as die persoon wat iemand doodgemaak het, buite die grens van sy vrystad gaan waarheen hy gevlug het, 27  en die bloedwreker hom buite die grens van sy vrystad vind, en die bloedwreker hom doodmaak, is hy nie bloedskuldig nie. 28  Want hy moet in sy vrystad woon totdat die hoëpriester sterf. Maar ná die hoëpriester se dood mag die persoon wat iemand doodgemaak het, terugkeer na die grond wat hy besit.+ 29  Hierdie dinge moet vir julle in al julle geslagte en in al julle woonplekke as ’n wetsbepaling dien wanneer daar geoordeel word. 30  “‘Enigiemand wat ’n persoon doodmaak, moet as ’n moordenaar doodgemaak word+ as die saak deur* getuies bevestig kan word,+ maar niemand moet doodgemaak word as daar net een persoon is wat teen hom getuig nie. 31  Julle mag geen losprys aanvaar vir die lewe van ’n moordenaar wat verdien om te sterf nie, want hy moet vir seker doodgemaak word.+ 32  En julle mag nie vir iemand wat na sy vrystad gevlug het, ’n losprys aanvaar en hom dan toelaat om weer op sy grond te gaan woon voordat die hoëpriester gesterf het nie. 33  “‘Julle mag nie die land waarin julle woon, besoedel nie, want bloed besoedel die land,+ en daar mag geen versoening wees vir die bloed wat in die land vergiet is nie, behalwe deur die bloed van die persoon wat dit vergiet het.+ 34  Julle mag nie die land waarin julle woon, en waarin ek woon, onrein maak nie, want ek, Jehovah, woon by die Israeliete.’”+

Voetnote

’n El was gelyk aan 44,5 cm. Sien Aanh. B14.
Of “’n siel”.
Of “’n siel”.
Lett. “terwyl hy hom voorgelê het”.
Lett. “sonder dat hy hom voorgelê het”.
Of “uit die mond van”.