Numeri 2:1-34

  • Kamp georganiseer in driestamgroepe (1-34)

    • Juda se groep aan oostekant (3-9)

    • Ruben se groep aan suidekant (10-16)

    • Levi se kamp in middel (17)

    • Efraim se groep aan westekant (18-24)

    • Dan se groep aan noordekant (25-31)

    • Getal geregistreerde mans (32-34)

2  Jehovah het toe vir Moses en Aäron gesê: 2  “Die Israeliete moet kamp opslaan, elkeen op die plek wat vir sy driestamgroep+ gekies is, naby die banier* van sy vaderhuis. Hulle moet rondom die tent van samekoms kamp opslaan. 3  “Die driestamgroep van die kamp van Juda sal aan die oostekant, aan die kant waar die son opkom, volgens hulle afdelings* kamp opslaan. Die hoofman van die kinders van Juda is Nagson,+ die seun van Amminaʹdab. 4  Daar is 74 600 in sy leërmag geregistreer.+ 5  Die stam van Isʹsaskar sal langs hom kamp opslaan. Die hoofman van die kinders van Isʹsaskar is Netaʹnel,+ die seun van Suar. 6  Daar is 54 400 in sy leërmag geregistreer.+ 7  Seʹbulon is die volgende stam. Die hoofman van die kinders van Seʹbulon is Eliʹab,+ die seun van Helon. 8  Daar is 57 400 in sy leërmag geregistreer.+ 9  “Daar is altesaam 186 400 in die leërmagte van die kamp van Juda geregistreer. Hulle moet eerste wegtrek.+ 10  “Die driestamgroep van die kamp van Ruben+ volgens hulle afdelings* sal aan die suidekant wees. Die hoofman van die kinders van Ruben is Eliʹsur,+ die seun van Sedeʹür. 11  Daar is 46 500 in sy leërmag geregistreer.+ 12  Die stam van Siʹmeon sal langs hom kamp opslaan. Die hoofman van die kinders van Siʹmeon is Seluʹmiël,+ die seun van Suriʹsaddai. 13  Daar is 59 300 in sy leërmag geregistreer.+ 14  Gad is die volgende stam. Die hoofman van die kinders van Gad is Eljaʹsaf,+ die seun van Reʹhuel. 15  Daar is 45 650 in sy leërmag geregistreer.+ 16  “Daar is altesaam 151 450 in die leërmagte van die kamp van Ruben geregistreer, en hulle moet tweede wegtrek.+ 17  “Wanneer die tent van samekoms verskuif word,+ moet die kamp van die Leviete in die middel van die ander kampe wees. “Hulle moet in dieselfde volgorde reis as wat hulle kamp opslaan,+ elkeen op sy plek, volgens hulle driestamgroepe. 18  “Die driestamgroep van die kamp van Eʹfraim volgens hulle afdelings* sal aan die westekant wees. Die hoofman van die kinders van Eʹfraim is Elisaʹma,+ die seun van Ammiʹhud. 19  Daar is 40 500 in sy leërmag geregistreer.+ 20  Die stam van Manasʹse+ sal langs hom wees. Die hoofman van die kinders van Manasʹse is Gamaʹliël,+ die seun van Pedaʹsur. 21  Daar is 32 200 in sy leërmag geregistreer.+ 22  Benjamin is die volgende stam. Die hoofman van die kinders van Benjamin is Abiʹdan,+ die seun van Gideoʹni. 23  Daar is 35 400 in sy leërmag geregistreer.+ 24  “Daar is altesaam 108 100 in die leërmagte van die kamp van Eʹfraim geregistreer, en hulle moet derde wegtrek.+ 25  “Die driestamgroep van die kamp van Dan volgens hulle afdelings* sal aan die noordekant wees. Die hoofman van die kinders van Dan is Ahiëser,+ die seun van Ammiʹsaddai. 26  Daar is 62 700 in sy leërmag geregistreer.+ 27  Die stam van Aser sal langs hom kamp opslaan. Die hoofman van die kinders van Aser is Paʹgiël,+ die seun van Ogran. 28  Daar is 41 500 in sy leërmag geregistreer.+ 29  Nafʹtali is die volgende stam. Die hoofman van die kinders van Nafʹtali is Ahiʹra,+ die seun van Enan. 30  Daar is 53 400 in sy leërmag geregistreer.+ 31  “Daar is altesaam 157 600 in die kamp van Dan geregistreer. Hulle moet laaste onder die driestamgroepe van Israel wegtrek.”+ 32  Dit was die Israeliete wat volgens hulle vaderhuise geregistreer is. Daar was altesaam 603 550 in die kampe wat vir die leërmag geregistreer is.+ 33  Maar die Leviete is nie saam met die ander Israeliete geregistreer nie,+ net soos Jehovah Moses beveel het. 34  Die Israeliete het alles gedoen wat Jehovah Moses beveel het. Dit is hoe hulle volgens hulle driestamgroepe kamp opgeslaan het+ en hoe hulle weggetrek het,+ elkeen volgens sy familie en volgens sy vaderhuis.

Voetnote

^ Of “teken”.
^ Lett. “leërmagte”.
^ Lett. “leërmagte”.
^ Lett. “leërmagte”.
^ Lett. “leërmagte”.