Numeri 17:1-13

  • Aäron se staf met bloeisels dien as teken (1-13)

17  Jehovah het toe vir Moses gesê:  “Praat met die Israeliete en neem by hulle een staf vir elke vaderhuis, van die hoofmanne van elke vaderhuis,+ altesaam 12 stawwe. Skryf elkeen se naam op sy staf.  Jy moet Aäron se naam op Levi se staf skryf, want daar is een staf vir die hoof van elke vaderhuis.  Sit die stawwe neer in die tent van samekoms voor die Getuienis,+ waar ek gereeld aan julle verskyn.+  En die staf van die man wat ek kies,+ sal bloeisels kry, en ek sal ’n einde maak aan die Israeliete se klagtes teen my+ en teen julle.”+  Toe het Moses met die Israeliete gepraat, en elke hoofman het vir hom ’n staf gegee – een staf vir die hoofman van elke vaderhuis, altesaam 12 stawwe – en Aäron se staf was tussen hulle stawwe.  Daarna het Moses die stawwe voor Jehovah in die tent van die Getuienis neergesit.  Die volgende dag het Moses in die tent van die Getuienis ingegaan, en kyk! Aäron se staf vir die huis van Levi het blomknoppies en bloeisels voortgebring en ryp amandels gedra.  Moses het toe al die stawwe wat voor Jehovah was, na al die Israeliete uitgebring. Hulle het daarna gekyk, en elke man het sy staf geneem. 10  Jehovah het toe vir Moses gesê: “Sit Aäron se staf+ terug voor die Getuienis as iets wat bewaar moet word as ’n teken+ vir die kinders van opstandigheid,+ sodat hulle klagtes teen my kan ophou en sodat hulle nie sterf nie.” 11  Moses het dadelik gedoen net soos Jehovah hom beveel het. Hy het net so gedoen. 12  Die Israeliete het toe vir Moses gesê: “Nou gaan ons sterf! Dit is verby met ons. Ons gaan almal sterf! 13  Enigiemand wat selfs naby Jehovah se tabernakel kom, sal sterf!+ Is dit hoe ons tot ons einde gaan kom?”+

Voetnote