Numeri 24:1-25

  • Bileam se 3de profetiese boodskap (1-11)

  • Bileam se 4de profetiese boodskap (12-25)

24  Toe Biʹleam sien dat Jehovah Israel graag wou seën, het hy nie weer weggegaan om na slegte tekens* te soek nie,+ maar hy het na die wildernis toe gedraai. 2  Toe Biʹleam kyk en Israel volgens sy stamme sien woon,+ het die gees van God oor hom gekom.+ 3  Hy het toe hierdie profetiese boodskap oorgedra:+ “Die boodskap van Biʹleam, die seun van Beor,en die boodskap van ’n man wie se oë geopen is,  4  die boodskap van die een wat die woord van God hoor,wat ’n visioen van die Almagtige gesien het,wat met geopende oë neergeval het:+  5  Hoe pragtig is jou tente, o Jakob,jou wonings, o Israel!+  6  Hulle is soos valleie* wat ver strek,+soos tuine by die rivier,soos aalwynplante wat Jehovah geplant het,soos sederbome by die waters.  7  Sy twee wateremmers loop oor,en sy saad* is by baie waters gesaai.+ Ook sal sy koning+ groter wees as Agag,+en sy koninkryk sal verheerlik word.+  8  God lei hom uit Egipte uit. Hy is vir hulle soos die horings van ’n wilde bul. Hy sal die nasies, sy onderdrukkers, verslind,+en hulle beendere sal hy kou, en hy sal hulle met sy pyle vernietig.  9  Hy het gelê, hy het soos die leeu gaan lê. Hy is soos ’n leeu, en wie durf hom wakker maak? Dié wat jou seën, is geseënd,en dié wat jou vervloek, is vervloek.”+ 10  Toe het Balak baie kwaad geword vir Biʹleam. Balak het sy hande woedend saamgeslaan en vir Biʹleam gesê: “Ek het jou geroep om my vyande te vervloek,+ maar al wat jy gedoen het, was om hulle drie keer te seën. 11  Gaan nou dadelik huis toe. Ek was van plan om jou groot eer te gee,+ maar Jehovah het jou nie toegelaat om die eer te kry nie.” 12  Biʹleam het Balak geantwoord: “Ek het mos vir die boodskappers wat jy gestuur het, gesê: 13  ‘Al gee Balak my sy huis vol silwer en goud, kan ek niks uit my eie wil* doen, hetsy goed of sleg, wat in stryd is met die bevel van Jehovah nie. Ek sal net sê wat Jehovah vir my sê.’+ 14  En nou gaan ek weg na my volk toe. Laat ek vir jou vertel wat hierdie volk in die toekoms* aan jou volk gaan doen.” 15  Toe het hy hierdie profetiese boodskap oorgedra:+ “Die boodskap van Biʹleam, die seun van Beor,en die boodskap van ’n man wie se oë geopen is,+ 16  die boodskap van die een wat die woord van God hoor,en die een wat die kennis van die Allerhoogste het,die een wat ’n visioen van die Almagtige gesien hetterwyl hy met geopende oë neergeval het: 17  Ek sal hom sien, maar nie nou nie. Ek sal na hom kyk, maar nie binnekort nie. ’n Ster+ sal uit Jakob kom,en ’n septer+ sal uit Israel opkom.+ En hy sal beslis die voorkop van Moab* verpletter,+en die skedel van al die gewelddadige soldate. 18  En Edom sal ’n besitting word,+ja, Seïr+ die besitting van sy vyande,+terwyl Israel wys hoe moedig hy is. 19  En uit Jakob sal iemand oorwin,+en hy sal elke oorlewende in die stad vernietig.” 20  Toe hy Aʹmalek sien, het hy sy profetiese boodskap voortgesit: “Aʹmalek was die eerste van die nasies,+maar op die ou end sal hy vergaan.”+ 21  Toe hy die Keniete+ sien, het hy sy profetiese boodskap voortgesit: “Veilig is jou woonplek, en op die krans is jou woning geplaas. 22  Maar iemand sal Kajin afbrand. Hoe lank voordat Assiʹrië jou as ’n gevangene wegneem?” 23  En hy het sy profetiese boodskap voortgesit: “Wie sal bly lewe wanneer God dit doen? 24  Skepe sal van die kus van Kittim+ af kom,en hulle sal Assiʹrië+ laat swaarkry,en hulle sal Eber laat ly. Maar hy sal ook heeltemal vernietig word.” 25  Toe het Biʹleam+ opgestaan en weggegaan en na sy plek teruggekeer. Balak het ook weggegaan.

Voetnote

^ Of “onheilspellende voortekens”.
^ Of “wadi’s”. Sien Woordelys.
^ Of “nageslag”.
^ Lett. “uit my hart”.
^ Of “aan die einde van die dae”.
^ Of “die slape van Moab se kop”.