Jesaja 61:1-11

  • Gesalf om goeie nuus te verkondig (1-11)

    • “Jaar van Jehovah se genade” (2)

    • “Groot bome van regverdigheid” (3)

    • Hulp van uitlanders (5)

    • “Priesters van Jehovah” (6)

61  Die gees van die Soewereine Heer Jehovah is op my,+want Jehovah het my gesalf om goeie nuus aan die nederiges te verkondig.+ Hy het my gestuur om dié met ’n gebroke hart te verbind,om aan die gevangenes bekend te maak dat hulle vrygelaat sal word,en aan dié wat opgesluit is, dat hulle oë wyd oopgemaak sal word,+   om die jaar van Jehovah se genadeen die dag van die wraak van ons God aan te kondig,+om almal wat treur, te vertroos,+   om te sorg vir dié wat oor Sion treur,om hulle ’n versiering vir hulle kop te gee in die plek van as,vreugdeolie in die plek van rou,die mantel van lof in die plek van ’n mismoedige gees. En hulle sal groot bome van regverdigheid genoem word,wat deur Jehovah geplant is, sodat hy verheerlik kan word.+   Hulle sal die plekke herbou wat lank terug verwoes is. Hulle sal die plekke opbou wat al lank verlate lê,+en hulle sal die verwoeste stede herstel,+die plekke wat geslagte lank verlate was.+   “Vreemdelinge sal julle kuddes kom oppas,en uitlanders+ sal julle landerye bewerk en in julle wingerde werk.+   Maar julle sal die priesters van Jehovah genoem word.+ Mense sal julle die dienaars van ons God noem. Julle sal die rykdom van die nasies geniet+en met hulle heerlikheid* spog.   In plaas van skande sal julle ’n dubbele deel hê. In plaas van vernedering sal my volk van vreugde uitroep oor wat hulle kry. Ja, hulle sal ’n dubbele deel in hulle land besit.+ Hulle sal vir ewig vreugdevol wees.+   Want ek, Jehovah, is lief vir geregtigheid.+ Ek haat diefstal en onregverdigheid.+ Ek sal hulle loon getrou vir hulle gee,en ek sal ’n ewige verbond met hulle maak.+   Hulle nageslag* sal bekend wees onder die nasies,+en hulle nakomelinge onder die volke. Almal wat hulle sien, sal erkendat hulle die nageslag* is wat deur Jehovah geseën is.”+ 10  Ek sal groot vreugde vind in Jehovah. Met my hele hart en siel sal ek bly wees in my God.+ Want hy het my met die klere van redding geklee.+ Hy het die mantel* van regverdigheid om my gehang. Ek is soos ’n bruidegom wat ’n tulband soos dié van ’n priester dra+en soos ’n bruid wat haar met haar juwele versier. 11  Want soos die aarde plante laat uitspruit,en soos ’n tuin die saad laat opkom wat daarin gesaai is,so sal die Soewereine Heer Jehovahregverdigheid+ en lof voor al die nasies laat uitspruit.+

Voetnote

Of “rykdom”.
Lett. “saad”.
Lett. “saad”.
Of “moulose oorkleed”.