Jesaja 13:1-22

  • Oordeelsboodskap teen Babilon (1-22)

    • Dag van Jehovah is naby! (6)

    • Mede sal Babilon verower (17)

    • Babilon sal nooit weer bewoon word nie (20)

13  ’n Oordeelsboodskap teen Babilon+ wat Jesaja,+ die seun van Amos, in ’n visioen ontvang het:   “Rig ’n banier* op.+ Sit dit op ’n berg sonder bome. Roep hulle, beduie met die handom hulle by die poorte van die heersers te laat ingaan.   Ek het die bevel gegee aan dié wat ek aangestel* het.+ Ek het my soldate geroep om uiting te gee aan my woede,en hulle juig vol trots.   Luister! ’n Skare in die berge. Dit klink soos ’n groot volk! Luister! Die lawaai van koninkryke,van nasies wat bymekaargekom het!+ Jehovah van die leërmagte roep die leërmag op vir die oorlog.+   Hulle kom uit ’n ver land,+van die verste horison af,*Jehovah en die wapens van sy woede,om die hele aarde te verwoes.+   Huil, want die dag van Jehovah is naby! Dit sal kom as ’n vernietiging van die Almagtige af.+   Daarom sal al die hande slap word,en almal sal verlam wees van vrees.+   Die mense is paniekbevange.+ Hulle word deur krampe en pyne oorval,soos ’n vrou wat geboorte gee. Hulle kyk mekaar geskok aan,en hulle gesigte gloei van angs.   Kyk! Die dag van Jehovah kom,wreed, met groot en brandende woede,om die land iets skokkends te maak+en om die land se sondaars te vernietig. 10  Want die sterre van die hemel en hulle sterrebeelde*+sal nie hulle lig uitstraal nie. Die son sal donker wees wanneer dit opkom,en die maan sal nie sy lig laat skyn nie. 11  Ek sal dié wat op die aarde lewe, straf vir hulle slegtheid,+en die goddeloses vir hulle oortreding. Ek sal ’n einde maak aan die trots van die vermeteles,*en ek sal die hoogmoedige onderdrukkers verneder.+ 12  Ek sal mense skaarser maak as suiwer goud,+ja, skaarser as die goud van Ofir.+ 13  Daarom sal ek die hemel laat bewe,en die aarde sal uit sy plek geskud word+weens die woede van Jehovah van die leërmagte in die dag van sy brandende woede. 14  Soos ’n wildsbok wat gejag word en soos skape met niemand om hulle bymekaar te maak nie,sal elkeen na sy eie volk teruggaan. Elkeen sal na sy eie land vlug.+ 15  Elkeen wat gevind word, sal deurboor word,en elkeen wat gevang word, sal met die swaard doodgemaak word.+ 16  Hulle kinders sal voor hulle oë doodgeslaan word.+ Hulle huise sal gestroop word,en hulle vrouens sal verkrag word. 17  Ek stuur die Mede teen hulle.+ Hulle beskou silwer as niksen stel nie belang in goud nie. 18  Hulle boë sal jong manne verpletter.+ Hulle sal nie jammer voel vir babasof genade toon aan kinders nie. 19  En Babilon, die glorierykste van al die koninkryke,+die prag en die trots van die Galdeërs,+sal soos Sodom en Gomorʹra word toe God hulle vernietig het.+ 20  Sy sal nooit bewoon word nie,en sy sal tot in alle geslagte nooit weer ’n woonplek wees nie.+ Geen Arabier sal sy tent daar opslaan nie,en geen herders sal hulle kuddes daar laat rus nie. 21  Die woestyndiere sal daar gaan lê. Hulle huise sal vol ooruile wees. Die volstruise sal daar bly,+en wilde bokke* sal daar rondhuppel. 22  In haar torings sal die gehuil van diere gehoor word,en die getjank van jakkalse in haar luukse paleise. Haar tyd is naby, en daar sal geen uitstel wees nie.”+

Voetnote

Of “seinpaal”.
Lett. “geheilig”.
Lett. “van die einde van die hemel af”.
Lett. “en hulle Kesils”. Verwys moontlik na Orion en die omliggende sterrebeelde.
Iemand is vermetel as hy iets doen wat hy nie die reg of gesag het om te doen nie.
Of moontlik “en bokagtige demone”.