Jesaja 15:1-9

  • Oordeelsboodskap teen Moab (1-9)

15  ’n Oordeelsboodskap teen Moab:+ Omdat dit in een nag verwoes is,is Ar+ van Moab stilgemaak. Omdat dit in een nag verwoes is,is Kir+ van Moab stilgemaak.   Mense het opgegaan na die tempel en na Dibon,+na die offerhoogtes, om te huil. Moab huil oor Nebo+ en oor Medeʹba.+ Elke kop is kaal geskeer,+ elke baard is afgeskeer.+   Op sy strate dra hulle saklinne. Op hulle dakke en op hulle openbare pleine huil hulle almal. Hulle huil terwyl hulle afgaan.+   Hesbon en Eleaʹle+ roep uit. Hulle stem word tot by Jahas+ gehoor. Daarom hou die gewapende manne van Moab aan skree. Hulle bewe van vrees.   My hart roep uit oor Moab. Sy vlugtelinge het tot by Soar+ en Egʹlat-Selisiʹa+ gevlug. Hulle huil terwyl hulle teen die opdraand van Luhit opgaan. Op die pad na Horonaʹim treur hulle oor die ramp.+   Want die waters van Nimrim het verdwyn. Die groen gras het verdroog,die gras en alle groenigheid is weg.   Daarom dra hulle weg wat oor is van hulle voorraad en hulle rykdom. Hulle trek deur die vallei* van die populiere.   Die geskree weerklink dwarsdeur die gebied van Moab.+ Die gehuil kan tot by Eglaʹimen tot by Beër-Elim gehoor word.   Want die waters van Dimon is vol bloed. En ek sal nog dinge oor Dimon bring: Leeus vir dié van Moab wat ontsnapen vir dié wat in die land oorbly.+

Voetnote

Of “wadi”. Sien Woordelys.