Jesaja 3:1-26

  • Juda se leiers mislei volk (1-15)

  • Sion se verleidelike dogters veroordeel (16-26)

3  Want kyk! die ware Heer, Jehovah van die leërmagte,verwyder uit Jerusalem en uit Juda alle ondersteuning en voorrade,al die kos- en watervoorrade,+   sterk man en soldaat,regter en profeet,+ waarsêer en ouerman,   hoof oor 50,+ hoë amptenaar en raadgewer,vaardige towenaar en ervare slangbesweerder.+   Ek sal seuns hulle leiers maak,en onbetroubare mense* sal oor hulle regeer.   Die mense sal mekaar onderdruk,elkeen sy medemens.+ Die seun sal die ou man aanval,en die onbelangrike persoon sal in opstand kom teen die gerespekteerde persoon.+   Elkeen sal sy broer in sy pa se huis vasgryp en sê: “Jy het ’n mantel. Jy moet ons leier word. Regeer oor hierdie verwoeste plek.”   Maar in daardie dag sal hy beswaar maak en sê: “Ek gaan nie julle wonde verbind* nie. Ek het geen kos of klere in my huis nie. Julle moet my nie as leier oor die volk aanstel nie.”   Want Jerusalem het gestruikelen Juda het gevalomdat hulle in woord en daad teen Jehovah is. Hulle gedra hulle opstandig in sy glorieryke teenwoordigheid.+   Hulle gesigsuitdrukking getuig teen hulle,en soos Sodom verkondig hulle hulle sonde.+ Hulle probeer dit nie wegsteek nie. Dit sal sleg gaan met hulle!* Want hulle bring rampspoed oor hulleself! 10  Sê vir die regverdiges dat dit met hulle sal goed gaan. Hulle sal beloon word vir hulle dade.*+ 11  Dit sal sleg gaan met die goddelose! Rampspoed sal hom tref,want wat hy aan ander gedoen het, sal aan hom gedoen word! 12  My volk word deur hulle opsigters onderdruk,en vrouens regeer oor hulle. My volk, julle leiers laat julle ronddwaal,en hulle bring julle op ’n dwaalspoor.+ 13  Jehovah neem sy plek in om sy regsaak te voer. Hy staan op om volke te vonnis. 14  Jehovah sal die ouermanne en die leiers van sy volk oordeel. “Julle het die wingerd afgebrand,en wat julle van die armes gesteel het, is in julle huise.+ 15  Hoe durf julle my volk onderdruken die armes in die stof vertrap?”+ sê die Soewereine Heer, Jehovah van die leërmagte. 16  Jehovah sê: “Omdat die dogters van Sion hoogmoedig is,neus in die lug loop,verleidelik na ander kyk, rondtrippelen hulle enkelkettinkies laat klingel, 17  sal Jehovah die kop van die dogters van Sion skurf* laat word,en Jehovah sal hulle bles maak.+ 18  In daardie dag sal Jehovah hulle versierings wegneem: die enkelringe, die hoofbande en die halfmaanvormige versierings,+ 19  die oorbelle,* die armbande en die sluiers, 20  die kopversierings, die enkelkettinkies en die borsbande,die parfuumflessies en die gelukbringertjies, 21  die vingerringe en die neusringe, 22  die feesklere, die oorklere, die mantels en die handsakkies, 23  die handspieëls+ en die linneklere,*die tulbande en die sluiers. 24  In plaas van balsemolie+ sal daar ’n vrot reuk wees,in plaas van ’n lyfband ’n tou;in plaas van ’n pragtige haarstyl ’n kaalkop;+in plaas van duur klere saklinne+en in plaas van skoonheid ’n brandmerk. 25  Jou manne sal deur die swaard doodgemaak word,en jou sterk manne in die oorlog.+ 26  Haar ingange sal treur en rou,+en sy sal verlate op die grond sit.”+

Voetnote

Of “mense wat geen stabiliteit het nie”.
Of “julle geneser wees”.
Of “hulle siel”.
Lett. “die vrug van hulle dade eet”.
Of “vol rowe”.
Of “hangertjies”.
Of “onderklere”.