Jesaja 60:1-22

  • Jehovah se heerlikheid skyn op Sion (1-22)

    • Soos duiwe na hulle duiwehokke (8)

    • Goud in plek van koper (17)

    • Kleine sal duisend word (22)

60  “Staan op, o vrou,+ versprei lig, want jou lig het gekom. Die heerlikheid van Jehovah skyn op jou.+   Want kyk! duisternis sal die aarde bedek,en digte donkerte die nasies. Maar op jou sal Jehovah sy lig laat skyn,en op jou sal sy heerlikheid gesien word.   Nasies sal na jou lig kom,+en konings+ na jou glansende prag.*+   Kyk rondom jou! Hulle is almal bymekaargebring. Hulle kom na jou toe. Van ver af bly jou seuns kom,+en jou dogters word op die heup gedra.+   In daardie tyd sal jy dit sien en beslis straal,+en jou hart sal vinnig klop en oorloop van vreugde,want die skatte van die see sal na jou toe gebring word. Die rykdom van die nasies sal na jou toe kom.+   Groot troppe kamele sal jou land bedek,jong kameelbulle van Miʹdian en Efa.+ Almal wat uit Skeba kom,sal goud en wierook dra. Hulle sal Jehovah se lof verkondig.+   Al die kuddes van Kedar+ sal na jou toe gebring word. Die ramme van Neʹbajot+ sal jou dien. Hulle sal op my altaar geoffer word en aanvaar word,+en ek sal my glorieryke huis versier.+   Wie is dit wat aangevlieg kom soos wolke,soos duiwe na hulle duiwehokke?   Op my sal die eilande hoop.+ Die skepe van Tarsis is heel voor*om jou seuns van ver af te bring,+saam met hulle silwer en hulle goud,vir die naam van Jehovah jou God, vir die Heilige van Israel,want hy sal jou verheerlik.*+ 10  Uitlanders sal jou mure bou,en hulle konings sal jou dien,+want weens my woede het ek jou geslaan,maar weens my goedheid sal ek genade aan jou betoon.+ 11  Jou poorte sal nooit gesluit word nie.+ Dag en nag sal hulle oop bly,sodat die rykdom van die nasies na jou toe gebring kan word,en hulle konings sal die leiding neem.+ 12  Want elke nasie en elke koninkryk wat jou nie dien nie, sal verdwyn,en die nasies sal heeltemal verwoes word.+ 13  Die heerlikheid van die Liʹbanon sal na jou toe kom,+die jenewerboom, die es en die sipres,+om die plek van my heiligdom te versier. Ek sal die plek vir my voete verheerlik.+ 14  Die seuns van jou onderdrukkers sal voor jou kom neerbuig. Almal wat jou sonder respek behandel, moet by jou voete neerbuig. En hulle sal jou die stad van Jehovah,Sion van die Heilige van Israel, moet noem.+ 15  Hoewel jy verlate en gehaat is en niemand deur jou trek nie,+sal ek jou iets maak waarop mense vir ewig trots sal wees,’n bron van vreugde tot in alle geslagte.+ 16  Jy sal die melk van nasies drink,+en aan die bors van konings sal jy drink.+ En jy sal vir seker weet dat ek, Jehovah, jou Redder isen dat die Magtige van Jakob jou Terugkoper is.+ 17  Ek sal goud in die plek van die koper bring,en ek sal silwer in die plek van die yster bring,en koper in die plek van die hout,en yster in die plek van die klippe. Ek sal vrede as jou opsieners aanstel,en regverdigheid as jou taakgewers.+ 18  Daar sal nie meer in jou land van geweld gehoor word nieof van vernietiging en verwoesting binne jou grense nie.+ En jy sal jou mure Redding+ noem, en jy sal jou poorte Lof noem. 19  Die son sal nie meer vir jou in die dag ’n lig wees nie,en die glinsterende maan sal nie meer vir jou lig gee nie,want Jehovah sal vir jou ’n ewige lig word,+en jou God sal jou prag wees.+ 20  Jou son sal nie meer ondergaan nie,en jou maan sal nie dof word nie,want Jehovah sal vir jou ’n ewige lig word,+en die dae van jou rou sal verby wees.+ 21  En jou hele volk sal regverdig wees. Hulle sal die land vir ewig besit. Hulle is die spruit wat ek geplant het,die werk van my hande,+ sodat ek verheerlik kan word.+ 22  Die kleine sal ’n duisend word,en die onbelangrike ’n magtige nasie. Ek, Jehovah, sal dit op die regte tyd bespoedig.”

Voetnote

Of “na die glans van jou dagbreek”.
Of “Die skepe van Tarsis soos vroeër”.
Of “pragtig maak”.