Jesaja 56:1-12

  • Seëninge vir uitlanders en eunugs (1-8)

    • Huis van gebed vir almal (7)

  • Blinde wagte en stom honde (9-12)

56  Dít is wat Jehovah sê: “Beoefen geregtigheid+ en doen wat reg is. Want my redding kom binnekorten my regverdigheid sal geopenbaar word.+   Gelukkig is die mens wat dit doen,en die mensekind wat daarby bly,wat die Sabbat hou en dit nie ontheilig nie+en wat niks doen wat sleg is nie.   Die uitlander wat Jehovah aanbid,+ moenie sê: ‘Jehovah sal my ongetwyfeld van sy volk afskei’ nie. En die eunug moenie sê: ‘Kyk! Ek is ’n droë boom’ nie.”  Want dít is wat Jehovah sê vir die eunugs wat sy* sabbatte hou en wat kies om te doen wat hy* wil hê en wat sy* verbond hou:   “Ek sal aan hulle ’n monument en ’n naam in my huis en binne my mure gee,iets beters as seuns en dogters. ’n Ewige naam sal ek aan hulle gee,een wat nie sal verdwyn nie.   En die uitlanders wat na Jehovah toe kom om hom te dien,om die naam van Jehovah lief te hê+en om sy knegte te wees,almal wat die Sabbat hou en dit nie ontheilig nieen wat my verbond hou,   sal ek ook na my heilige berg bring,+en ek sal hulle in my huis van gebed vreugdevol maak. Hulle heelbrandoffers en hulle offerandes sal op my altaar aanvaar word. Want my huis sal ’n huis van gebed vir al die volke genoem word.”+  Die Soewereine Heer Jehovah, wat dié van Israel wat verstrooi is, bymekaarbring,+ sê: “Ek sal nog ander by hom bymekaarbring behalwe dié wat reeds bymekaargebring is.”+   Kom eet, alle wilde diere van die velden alle wilde diere in die woud.+ 10  Sy wagte is blind.+ Nie een van hulle het aandag geskenk nie.+ Hulle is almal stom honde. Hulle kan nie blaf nie.+ Hulle hyg en lê op die grond. Hulle hou daarvan om te slaap. 11  Hulle is vraatsugtige honde.* Hulle kry nooit genoeg nie. Hulle is herders wat geen verstand het nie.+ Hulle het almal hulle eie pad gevolg. Elkeen van hulle probeer homself op ’n oneerlike manier bevoordeel en sê: 12  “Kom! Laat ek wyn gaan haal,en laat ons drink totdat ons dronk is.+ En môre sal soos vandag wees, net baie beter!”

Voetnote

Lett. “my”.
Lett. “ek”.
Lett. “my”.
Of “honde met ’n sterk siel”.