Jesaja 40:1-31

  • Vertroosting vir God se volk (1-11)

    • Iemand roep in wildernis uit (3-5)

  • God se grootheid (12-31)

    • Nasies soos druppel uit emmer (15)

    • God woon bo “kring van die aarde” (22)

    • Noem elke ster op sy naam (26)

    • God raak nooit moeg nie (28)

    • Dié wat op Jehovah hoop, kry nuwe krag (29-31)

40  “Vertroos my volk,” sê julle God, “vertroos hulle.”+   “Praat vertroostend met* Jerusalemen sê vir haar dat haar verpligte diens verby is,dat haar skuld afbetaal is.+ Uit die hand van Jehovah het sy die volle straf ontvang* vir al haar sondes.”+   Iemand roep in die wildernis uit: “Maak die weg van Jehovah gereed!+ Maak vir ons God ’n reguit grootpad+ deur die woestyn.+   Laat elke vallei opgevul worden elke berg en heuwel plat gemaak word. Die ongelyke grond moet gelyk word,en die rotsagtige plekke moet in ’n vlakte verander.+   Die heerlikheid van Jehovah sal geopenbaar word,+en alle mense* sal dit sien,+want dit is wat Jehovah gesê het.”   Luister! Iemand sê: “Roep uit!” Iemand anders vra: “Wat moet ek uitroep?” “Alle mense* is soos groen gras. Al hulle lojale liefde is soos ’n bloeisel van die veld.+   Die groen gras verdroog,die bloeisel verlep,+want die asem* van Jehovah blaas daaroor.+ Ja, die volk is maar net groen gras.   Die groen gras verdroog,die bloeisel verlep,maar die woord van ons God bly vir ewig.”+   Klim op ’n hoë berg,o vrou wat goeie nuus vir Sion bring.+ Roep hard uit,o vrou wat goeie nuus vir Jerusalem bring. Roep hard uit, moenie bang wees nie. Sê vir die stede van Juda: “Hier is julle God.”+ 10  Kyk! Die Soewereine Heer Jehovah sal met mag kom,en sy arm sal vir hom heers.+ Die beloning wat God gee, is by hom,en die loon wat hy betaal, is voor hom.+ 11  Hy sal soos ’n herder vir sy kudde sorg.+ Met sy arm sal hy die lammers bymekaarmaaken hulle teen sy bors dra. Hy sal die ooie wat lammers het, liefdevol lei.+ 12  Wie het die waters in die holte van sy hand afgemeet,+en die afmetings van die hemel met ’n span van sy hand* geneem? Wie het die stof van die aarde in ’n maatbeker bymekaargemaak,+of die berge en die heuwelsmet ’n weegskaal geweeg? 13  Wie het die gees van Jehovah gemeet,*en wie kan hom iets leer of raad gee?+ 14  Wie het hy geraadpleeg om insig te kry,of wie leer hom wat die pad van geregtigheid is,of wie gee hom kennisof wys hom wat die weg van ware insig is?+ 15  Kyk! Die nasies is soos ’n druppel uit ’n emmer,en hulle word beskou as ’n stoflagie op ’n weegskaal.+ Hy tel die eilande op asof hulle fyn stof is. 16  Selfs die Liʹbanon-berge het nie genoeg bome om ’n vuur aan die brand te hou nie,en die wilde diere daar is nie genoeg vir ’n brandoffer nie. 17  Voor hom is al die nasies soos niks.+ Hy beskou hulle as niks, as iets wat nie bestaan nie.+ 18  Met wie kan julle God vergelyk?+ Is daar enigiets wat soortgelyk is aan hom?+ 19  Die ambagsman maak ’n afgod.* Die metaalwerker trek dit met goud oor,+en hy maak silwerkettings. 20  Hy kies ’n boom as sy bydrae,+’n boom wat nie sal verrot nie. Hy soek vir hom ’n goeie ambagsmanom ’n beeld te maak wat nie sal omval nie.+ 21  Het julle nie geweet nie? Het julle nie gehoor nie? Is dit nie van die begin af vir julle vertel nie? Het julle nie verstaan vandat die fondamente van die aarde gelê is nie?+ 22  Daar is Een wat bo die kring* van die aarde woon,+en die bewoners daarvan is soos sprinkane. Hy span die hemel oop soos fyn gaas,en hy sprei dit uit soos ’n tent om in te woon.+ 23  Hy verlaag hoë amptenare sodat hulle niks is nieen maak die regters* van die aarde soos iets wat nie bestaan nie. 24  Hulle is skaars geplant,hulle is skaars gesaai,hulle het skaars wortelgeskiet,dan word daar op hulle geblaas en hulle verdroog,en die wind waai hulle weg soos grasstoppels.+ 25  “Met wie kan julle my vergelyk? Wie is gelyk aan my?” sê die Heilige. 26  “Kyk op na die hemel. Wie het hierdie dinge geskep?+ Dit is die Een wat hulle leërmag uitlei in hulle volle getal. Hy noem elkeen op sy naam.+ Weens die oorvloed van sy dinamiese energie en sy ontsaglike krag+is hulle almal daar. 27  Hoekom sê jy, o Jakob, en hoekom beweer jy, o Israel: ‘Jehovah sien nie wat met my gebeur nie,en ek ontvang geen geregtigheid van God nie’?+ 28  Het jy nie geweet nie? Het jy nie gehoor nie? Jehovah, die Skepper van die eindes van die aarde, is God tot in alle ewigheid.+ Hy raak nooit moeg of uitgeput nie.+ Niemand kan sy wysheid ten volle begryp nie.+ 29  Hy gee krag aan die een wat moeg is,en hy versterk die een wat swak is.+ 30  Seuns sal moeg en uitgeput raak,en jong manne sal struikel en val, 31  maar dié wat op Jehovah hoop, sal nuwe krag kry. Hulle sal sweef soos arende.+ Hulle sal hardloop en nie uitgeput raak nie. Hulle sal loop en nie moeg raak nie.”+

Voetnote

Lett. “Spreek tot die hart van”.
Of “dubbel ontvang”.
Lett. “vlees”.
Lett. “vlees”.
Of “gees”.
Die afstand van die punt van die duim tot by die punt van die pinkie wanneer die hand uitgesprei is. Sien Aanh. B14.
Of moontlik “verstaan”.
Of “beeld”.
Of “sfeer”.
Of “leiers”.