Jesaja 25:1-12

  • Ryk seëninge vir God se volk (1-12)

    • Jehovah se feesmaal met goeie wyn (6)

    • Dood vir ewig weggeneem (8)

25  O Jehovah, u is my God. Ek verheerlik u, ek prys u naam,want u het wonderlike dinge gedoen+– dinge wat lank gelede besluit is+in getrouheid,+ in betroubaarheid.   Want u het ’n stad in ’n hoop klippe verander,’n versterkte stad in ’n ruïne. Die vesting van die uitlander is nie meer ’n stad nie. Dit sal nooit herbou word nie.   Daarom sal ’n sterk volk u verheerlik. Die stad van onderdrukkende nasies sal u vrees.+   Want u het ’n vesting vir die hulpelose geword,’n vesting vir die arme in moeilike tye,+’n skuilplek teen die reënstormen ’n skaduwee teen die hitte.+ Wanneer die geblaas van die onderdrukkers soos ’n reënstorm teen ’n muur is,   soos die hitte in ’n dorre land,maak u die geraas van vreemdelinge stil. Net soos die hitte wat deur die skaduwee van ’n wolk verdryf word,so word die lied van die onderdrukkers stilgemaak.   Op hierdie berg+ sal Jehovah van die leërmagte vir al die volke’n feesmaal voorberei met heerlike* geregte,+’n feesmaal met goeie* wyn,met heerlike geregte vol murg,met goeie, gesuiwerde wyn.   Op hierdie berg sal hy die sluier vernietig wat al die volke bedek,die bedekking* wat oor al die nasies is.   Hy sal die dood vir ewig wegneem,+en die Soewereine Heer Jehovah sal die trane van alle gesigte afvee.+ Hy sal die vernedering wat sy volk verduur, van die hele aarde af wegneem,want dit is wat Jehovah gesê het.   In daardie dag sal hulle sê: “Kyk! Dit is ons God!+ Ons het op hom gehoop,+en hy sal ons red.+ Dit is Jehovah! Ons het op hom gehoop. Laat ons bly en vreugdevol wees omdat hy ons red.”+ 10  Want die hand van Jehovah sal op hierdie berg rus,+en Moab sal op sy plek vertrap word+soos strooi in ’n mishoop ingetrap word. 11  Hy sal sy hande uitsteeksoos ’n swemmer sy hande uitsteek om te swem. Hy sal ’n einde aan hulle hoogmoed maak+deur hulle met sy vaardige hande te slaan. 12  En die versterkte stad, met sy hoë, veilige mure,sal hy vernietig. Hy sal dit afbreek tot op die grond, tot in die stof.

Voetnote

Of “olieryke”.
Of “beleë”.
Of “sluier”.