Jesaja 31:1-9

  • Ware hulp kom van God, nie van mense nie (1-9)

    • Egipte se perde is vlees (3)

31  Dit sal sleg gaan met dié wat na Egipte gaan vir hulp,+dié wat op perde vertrou+en wat hulle vertroue stel in baie strydwaensen in die krag van oorlogsperde.* Hulle vertrou nie op die Heilige van Israel nieen hulle vra nie Jehovah se hulp nie.   Maar hy is wys en sal rampspoed laat kom,en hy sal nie sy woorde terugtrek nie. Hy sal opstaan teen die huis van goddelosesen teen dié wat slegte mense help.+   Die Egiptenare is nie God nie. Hulle is net mense. Hulle perde is vlees en nie gees nie.+ Wanneer Jehovah sy hand uitsteek,sal almal wat hulp aanbied, struikel. En almal wat gehelp word, sal val. Hulle sal almal saam sterf.   Want dít is wat Jehovah vir my gesê het: “’n Leeu, ’n sterk jong leeu,* grom oor sy prooiwanneer ’n groot groep herders bymekaargeroep word om hom weg te jaag. Hy word nie bang wanneer hulle skree nie,en hy word nie afgeskrik wanneer hulle geraas maak nie. Net so sal Jehovah van die leërmagte neerdaal om oorlog te voervir die berg Sion en sy heuwel.   Soos ’n voël wat afduik, so sal Jehovah van die leërmagte Jerusalem verdedig.+ Hy sal haar verdedig en bevry. Hy sal haar spaar en red.”  “Keer terug na die Een teen wie julle openlik in opstand gekom het, o Israel.+  Want in daardie dag sal elkeen sy waardelose gode van silwer en van goud verwerp, wat julle eie hande in sonde gemaak het.   En die Assiriër sal deur die swaard val, maar nie deur die swaard van ’n man nie. Hy sal vernietig word deur ’n swaard, maar nie dié van ’n mens nie.+ Hy sal vir die swaard vlug,en sy jong manne sal slawe word.   Sy sterk rots sal van pure skrik verdwyn,en sy leiers sal doodbang wees weens die banier,”* sê Jehovah,wie se lig* in Sion is en wie se vuuroond in Jerusalem is.

Voetnote

Of “perderuiters”.
Of “’n jong maanhaarleeu”.
Of “seinpaal”.
Of “vuur”.