Jesaja 20:1-6

  • Teken teen Egipte en Etiopië (1-6)

20  In die jaar toe koning Sargon van Assiʹrië die Tartan* na Asdod+ gestuur het, het hy teen Asdod geveg en dit ingeneem.+  In daardie tyd het Jehovah deur Jesaja,+ die seun van Amos, gesê: “Verwyder die saklinne wat om jou heupe is, en trek jou sandale uit.” En hy het dit gedoen en het kaal* en kaalvoet rondgeloop.  Jehovah het toe gesê: “Net soos my kneg Jesaja drie jaar lank kaal en kaalvoet rondgeloop het as ’n teken+ en ’n voorteken teen Egipte+ en Etiopië,+  so sal die koning van Assiʹrië die gevangenes van Egipte+ en die ballinge* van Etiopië wegvoer, seuns en ou manne, kaal en kaalvoet en met ’n kaal sitvlak – ja, Egipte sal skaam kry.*  En hulle sal doodbang wees en hulle skaam vir Etiopië, hulle hoop, en vir Egipte, hulle trots.*  Die inwoners van hierdie kusland sal in daardie dag sê: ‘Kyk wat gebeur het met ons hoop, waarheen ons gevlug het om hulp te kry en om gered te word van die koning van Assiʹrië! Hoe sal ons nou gered word?’”

Voetnote

Of “bevelvoerder”.
Of “in sy onderklere”.
D.w.s. mense wat uit hulle land weggevoer is.
Lett. “die naaktheid van Egipte”.
Of “wie se prag hulle bewonder het”.