Jesaja 50:1-11

  • Israel se sondes veroorsaak probleme (1-3)

  • Jehovah se gehoorsame kneg (4-11)

    • Tong van dié wat geleer is (4)

50  Dít is wat Jehovah sê: “Waar is die skeibrief+ van julle ma, wat ek weggestuur het? Of aan watter een van my skuldeisers het ek julle verkoop? Dit was weens julle eie sondes+ dat julle verkoop is,en dit was weens julle eie oortredings dat julle ma weggestuur is.+   Hoekom was daar dan niemand hier toe ek gekom het nie? Hoekom het niemand geantwoord toe ek geroep het nie?+ Is my hand te kort om julle te verlos? Of het ek nie die krag om julle te red nie?+ Kyk! Op my bevel droog die see op.+ Ek maak riviere ’n woestyn.+ Die visse verrot omdat daar nie water is nie,en hulle sterf van die dors.   Ek laat die hemel donker word,+en ek bedek dit met saklinne.”   Die Soewereine Heer Jehovah het my die tong gegee van dié wat geleer is,*+sodat ek kan weet wat om te sê vir die een wat moeg is.*+ Hy maak my elke oggend wakker. Hy maak my wakker sodat ek kan luister soos dié wat geleer word.+   Die Soewereine Heer Jehovah het my ore geopen,en ek was nie opstandig nie.+ Ek het nie in die teenoorgestelde rigting gedraai nie.+   Ek het toegelaat dat hulle my op my rug slaanen dat hulle die baard op my wange uittrek. Ek het nie my gesig weggedraai toe hulle my verneder het en in my gesig gespoeg het nie.+   Maar die Soewereine Heer Jehovah sal my help.+ Daarom sal ek nie verneder voel nie. Daarom het ek my gesig so hard soos klip* gemaak,+en ek weet dat ek nie sal skaam kry nie.   Die Een wat my regverdig verklaar, is naby. Wie kan my beskuldig?*+ Laat ons al twee ons saak stel. Wie het ’n regsaak teen my? Laat hom na my toe kom.   Die Soewereine Heer Jehovah sal my help. Wie sal my skuldig verklaar? Hulle sal almal vergaan soos ’n kleedwat deur ’n mot opgevreet word. 10  Wie van julle vrees Jehovahen luister na die stem van sy kneg?+ Wie het in diep duisternis gelewe, sonder enige lig? Laat hom op die naam van Jehovah vertrou en op sy God staatmaak. 11  “Maar julle almal wat ’n vuur aansteeken die vonke laat spat,julle moet in die lig van julle vuur loop,tussen die vonke wat julle self gemaak het. Dít is die straf wat julle van my sal ontvang: In verskriklike pyn sal julle gaan lê.

Voetnote

Of “’n goed opgeleide tong gegee”.
Of moontlik “sodat ek die een wat moeg is, kan versterk”.
Lett. “vuurklip”.
Of “met my stry”.