Jesaja 35:1-10

  • Paradys herstel (1-7)

    • Blindes sal sien en dowes sal hoor (5)

  • Weg van Heiligheid vir teruggekooptes (8-10)

35  Die wildernis en die dorre land sal juig,+en die woestyn sal vreugdevol en vol blomme wees.*+  2  Dit sal vir seker vol bloeisels wees.+ Dit sal bly wees en uitroep van vreugde. Die heerlikheid van die Liʹbanon sal daaraan gegee word,+die prag van Karmel+ en van Saron.+ Hulle sal die heerlikheid van Jehovah sien, die prag van ons God.  3  Versterk dié wie se hande slap hang,en maak die knieë wat bewe, sterk.+  4  Sê vir dié wat in hulle hart angstig is: “Wees sterk. Moenie bang wees nie. Kyk! Julle God sal kom om wraak te neem. God sal kom om te straf.+ Hy sal julle kom red.”+  5  Dan sal die oë van die blindes kan sien,+en die ore van die dowes sal kan hoor.+  6  Dan sal die kreupele soos ’n takbok spring,+en die tong van die stomme sal van vreugde uitroep.+ Want waters sal in die wildernis vloei,en strome in die woestyn.  7  Die kurkdroë grond sal verander in ’n poel vol riete,en die dorre land in waterfonteine.+ In die plek waar jakkalse gelê het,+sal daar groen gras, riete en papirusplante wees.  8  En daar sal ’n grootpad wees,+ja, ’n weg wat die Weg van Heiligheid genoem word. Die onreine sal nie daarop reis nie.+ Dit is net vir die een wat die weg volg. Geen dwaas sal daarop beland nie.  9  Daar sal geen leeuen geen gevaarlike wilde diere daarop wees nie. Hulle sal nie daar gevind word nie.+ Net dié wat teruggekoop is, sal daarop loop.+ 10  Dié wat deur Jehovah losgekoop is, sal terugkeer+ en met gejuig na Sion kom.+ Hulle sal eindelose vreugde geniet.*+ Hulle sal vol blydskap en vreugde wees,en hartseer en swaarkry sal verdwyn.+

Voetnote

^ Of “vreugdevol wees en blom soos die saffraan”.
^ Of “Eindelose vreugde sal hulle kroon wees”.