Jesaja 57:1-21

  • Die regverdige en lojales sterf (1, 2)

  • Israel se geestelike prostitusie (3-13)

  • Vertroosting vir nederiges (14-21)

    • Goddeloses soos onstuimige see (20)

    • Geen vrede vir goddeloses nie (21)

57  Die regverdige het gesterf,maar niemand steur hulle daaraan nie. Lojale mense sterf,+en niemand besef dat die regverdige weggeneem isas gevolg van* die rampspoed nie.   Hy vind vrede. Almal wat bly by wat reg is, vind rus in die graf.*   “Maar wat julle betref, kom nader,julle kinders van ’n towenares,kinders van ’n egbreker en ’n prostituut:   Met wie spot julle? Oor wie het julle so baie te sê en vir wie steek julle tong uit? Is julle nie die kinders van oortreding,die kinders van bedrog nie?+   Is julle nie dié wat brand van begeerte onder groot bome,+onder elke groen boom,+dié wat die kinders slag in die valleie*+ en onder die skeure van die kranse nie?   Jy het die gladde klippe van die vallei* as jou deel gekies.+ Ja, hulle is jou deel. Jy gooi vir hulle drankoffers uit en gee vir hulle offergawes.+ Moet ek tevrede wees met hierdie dinge?   Jy het jou bed op ’n hoë berg gereedgemaak.+ En jy het daarheen gegaan om offerandes te bring.+   Agter die deur en die deurpos het jy jou gedenkteken gesit. Jy het my verlaat en jou klere uitgetrek. Jy het opgeklim en baie plek op jou bed gemaak. En jy het ’n verbond met hulle gemaak. Jy was lief daarvoor om ’n bed met hulle te deel,+en jy het na die manlike orgaan gestaar.*   Jy het na Meleg* afgegaan met olieen met baie parfuum. Jy het jou boodskappers ver weg gestuuren so laag soos die Graf* gedaal. 10  Jy het jou ingespan om jou baie weë te volg,maar jy het nie gesê: ‘Dit is nutteloos!’ nie. Jy het nuwe krag gekry. Daarom hou jy nie op nie.* 11  Vir wie was jy bang en wie het jy gevreessodat jy begin lieg het?+ Jy het nie aan my gedink nie.+ Jy het jou aan niks gesteur nie.+ Het ek nie stilgebly en my op ’n afstand gehou* nie?+ Daarom het jy my nie gevrees nie. 12  Ek sal jou ‘regverdigheid’+ en jou dade+ bekend maak,en hulle sal jou nie help nie.+ 13  Wanneer jy om hulp roep,sal jou klomp afgode jou nie red nie.+ Die wind sal hulle almal wegneem,’n briesie sal hulle wegwaai,maar die een wat by my beskerming soek, sal die land erfen my heilige berg+ in besit neem. 14  Daar sal gesê word: ‘Bou ’n pad, bou ’n pad! Berei die weg voor!+ Verwyder elke struikelblok uit die pad van my volk.’” 15  Want dít is wat die Een sê wat hoog en verhewe is,wat vir ewig lewe+ en wie se naam heilig is:+ “Ek woon in die hoë en heilige plek,+maar ook by dié wat gebroke en nederig van gees is,om die nederigesen die gebrokenes* nuwe krag te gee.+ 16  Want ek sal hulle nie vir ewig teëstaanof vir altyd kwaad bly nie,+anders sal die mens se gees swak word weens my,+ja, die lewende wesens wat ek gemaak het. 17  Ek was kwaad weens sy sondige najaging van oneerlike wins.+ Daarom het ek hom geslaan. Ek het my gesig weggedraai, en ek was woedend. Maar hy het ontrou gebly+ en die weg van sy hart gevolg. 18  Ek het sy weë gesien,maar ek sal hom genees+ en hom lei+en hom, sowel as dié wat saam met hom treur,+ vertroos.”+ 19  “Ek skep woorde van lof.* Die een wat ver is en die een wat naby is, sal blywende vrede ontvang,”+ sê Jehovah,“en ek sal hom genees.” 20  “Maar die goddeloses is soos die onstuimige see, wat nie tot rus kan kom nie,waarvan die waters seegras en modder bly opstoot. 21  Daar is geen vrede vir die goddeloses nie,”+ sê my God.

Voetnote

Of moontlik “uit”.
Lett. “op hulle beddens”.
Of “wadi’s”. Sien Woordelys.
Of “wadi”. Sien Woordelys.
Verwys moontlik na afgodediens.
Of moontlik “die koning”.
Of “Sjeool”. Sien Woordelys.
Lett. “word jy nie moeg nie”.
Of “sake verborge gehou”.
Of “die hart van die gebrokenes”.
Lett. “die vrug van die lippe”.