Jesaja 54:1-17

  • Onvrugbare Sion sal baie kinders hê (1-17)

    • Jehovah, Sion se man (5)

    • Sion se kinders sal deur Jehovah geleer word (13)

    • Wapens teen Sion sal geen sukses hê nie (17)

54  “Roep vreugdevol uit, onvrugbare vrou wat nie geboorte gegee het nie!+ Wees vrolik en roep van vreugde uit,+ jy wat nooit geboortepyne gehad het nie,+want die kinders* van die verlate vrou is baie meeras die kinders van die vrou wat ’n man* het,”+ sê Jehovah.   “Maak die plek van jou tent groter.+ Maak die tentdoeke van jou pragtige woning groter. Moenie terughou nie, maak jou tenttoue langeren slaan jou tentpenne dieper in.+   Want jy sal na regs en na links uitbrei. Jou nageslag sal nasies in besit neem,en hulle sal die verwoeste stede bewoon.+   Moenie bang wees nie,+ want skande sal nie oor jou kom nie,+en moenie verneder voel nie, want jy sal nie teleurgestel word nie. Want jy sal die skande van jou jeug vergeet,en jy sal nie meer dink aan die oneer van jou weduweeskap nie.”   “Want jou Groot Maker+ is soos jou man,*+Jehovah van die leërmagte is sy naam,en die Heilige van Israel is jou Terugkoper.+ Hy sal die God van die hele aarde genoem word.+   Want Jehovah het jou geroep asof jy ’n verlate en bedroefde vrou is,+soos ’n vrou wat jonk getrou het en toe verwerp is,” sê jou God.   “Vir ’n kort oomblikkie het ek jou verlaat,maar met groot genade sal ek jou terugbring.+   In groot woede het ek my gesig vir ’n oomblik van jou af weggedraai,+maar met ewige lojale liefde sal ek genade aan jou betoon,”+ sê jou Terugkoper,+ Jehovah.   “Dit is vir my soos die dae van Noag.+ Net soos ek gesweer het dat die waters van Noag nie weer die aarde sal bedek nie,+so sweer ek dat ek nie weer woedend vir jou sal word of jou sal straf nie.+ 10  Want al sou die berge verwyder worden die heuwels geskud word,sal my lojale liefde nie van jou verwyder word nie+en sal my vredesverbond nie geskud word nie,”+ sê Jehovah, die Een wat genade aan jou betoon.+ 11  “O vrou wat swaarkry,+ wat deur storms getref is en nie vertroos is nie,+ek lê jou stene met harde messelklei,en jou fondament met saffiere.+ 12  Ek sal die borand van jou mure van robyne maak,jou poorte van skitterende stene,en al jou grense van edelstene. 13  En al jou kinders* sal deur Jehovah geleer word,+en jou kinders* sal groot vrede geniet.+ 14  Jy sal stewig gevestig wees in regverdigheid.+ Jy sal ver wees van onderdrukking,+jy sal niks vrees nie, en niks sal vir jou angs veroorsaak nie,want dit sal nie naby jou kom nie.+ 15  As iemand jou aanval,sal dit nie op my bevel wees nie. Enigiemand wat jou aanval, sal self val.”+ 16  “Kyk! Ek het die ambagsman geskep,wat die gloeiende kole aanblaas en ’n wapen maak. Ek het ook die verwoester geskep om te verwoes.+ 17  Geen wapen wat gemaak word om jou aan te val, sal enige sukses hê nie,+en jy sal elke tong veroordeel wat jou probeer veroordeel. Dit is die erfenis van die knegte van Jehovah,en hulle regverdigheid kom van my,” sê Jehovah.+

Voetnote

Lett. “seuns”.
Of “meester”.
Of “meester”.
Lett. “seuns”.
Lett. “seuns”.