Jesaja 44:1-28
44 “Luister, my kneg Jakob,en jy, o Israel, wat ek uitgekies het.+
2 Dít is wat Jehovah sê,jou Maker en die Een wat jou gevorm het,+wat jou van geboorte af gehelp het:
‘Moenie bang wees nie, my kneg Jakob,+en jy, Jesuʹrun,*+ wat ek uitgekies het.
3 Want ek sal water gee aan die een wat dors is*+en waterstrome oor die droë grond laat vloei.
Ek sal my gees oor jou nageslag* uitstort,+en my seën op jou nakomelinge.
4 En hulle sal uitspruit soos groen gras,+soos populiere by die waterstrome.
5 Die een sal sê: “Ek behoort aan Jehovah.”+
En die ander sal homself by die naam van Jakob noem,en ’n ander sal op sy hand skryf: “Jehovah se eiendom.”
En hy sal die naam van Israel aanneem.’
6 Dít is wat Jehovah sê,die Koning van Israel+ en sy Terugkoper,+ Jehovah van die leërmagte:
‘Ek is die eerste en ek is die laaste.+
Daar is geen ander God as ek nie.+
7 Wie is soos ek?+
Laat hy dit bekend maak en dit aan my bewys!+
Laat hy vertel wat nog gaan gebeursowel as wat nog sal kom,soos ek gedoen het van die tyd af dat ek die volk van lank gelede gevorm het.
8 Moenie bang wees nie,en moenie lam word van vrees nie.+
Het ek nie vir elkeen van julle vooraf gesê en dit bekend gemaak nie?
Julle is my getuies.+
Is daar enige ander God as ek?
Nee, daar is geen ander Rots nie.+ Ek weet nie van een nie.’”
9 Almal wat beelde maak, beteken niks,en die afgode waarvoor hulle lief is, sal niks help nie.+
Hulle kan nie getuig nie, want hulle* sien niks nie en weet niks nie.+
Dié wat hulle gemaak het, sal skaam kry.+
10 Wie sal ’n god vorm of ’n metaalbeeld maakwat geen voordeel kan bring nie?+
11 Almal wat by hom aansluit, sal skaam kry!+
Die ambagsmanne is maar net mense.
Laat hulle almal bymekaarkom en hulle plek inneem.
Hulle sal almal doodbang wees en skaam kry.
12 Die ystersmid bewerk die yster met sy gereedskap oor die kole.
Hy vorm dit met hamers
en bewerk dit met sy sterk arms.+
Dan word hy honger, en sy krag word minder.
Hy drink nie water nie en word moeg.
13 Die houtsnyer meet die hout met sy maatlyn en teken ’n patroon met rooi kryt.
Hy bewerk dit met ’n beitel en merk dit met ’n passer.
Hy maak dit in die vorm van ’n mens,+’n mooi mens,om dit in ’n huis* te sit.+
14 Daar is iemand wie se werk dit is om sederbome af te kap.
Hy kies ’n sekere soort boom, ’n eikeboom,en laat dit groot word tussen die bome van die woud.+
Hy plant ’n lourierboom, en die reën laat dit groei.
15 Dan gebruik ’n man die hout om vuur te maak.
Hy neem ’n deel daarvan om hom warm te maak.
Hy maak ’n vuur en bak brood.
Maar hy maak ook ’n god en aanbid dit.
Hy maak ’n beeld en buig daarvoor neer.+
16 Die een helfte verbrand hy in ’n vuur.
Hy braai vleis daarmee en eet totdat hy genoeg gehad het.
Hy maak hom warm en sê:
“Hoe lekker warm kry ek nou terwyl ek na die vuur kyk.”
17 Maar van die res maak hy vir homself ’n god, ’n beeld.
Hy buig daarvoor neer en aanbid dit.
Hy bid tot die beeld en sê:
“Red my, want u is my god.”+
18 Hulle weet niks, hulle verstaan niks,+want hulle oë is heeltemal toe en hulle kan nie sien nie,en hulle* het geen insig nie.
19 Hulle dink nie eers daaroor na nieen het nie die kennis of verstand om te sê nie:
“Die een helfte het ek in ’n vuur verbrand,en ek het op die kole brood gebak en vleis gebraai en geëet.
Moet ek dan iets afskuweliks van die res maak?+
Moet ek ’n droë stuk hout van ’n boom aanbid?”
20 Hy is soos iemand wat as eet.
Sy hart is mislei en het hom op ’n dwaalspoor gebring.
Hy kan homself* nie red nie, en hy vra nie:
“Is dit nie ’n waardelose ding wat ek in my hand het nie?”
21 “Dink aan hierdie dinge, o Jakob, en jy, o Israel,want jy is my kneg.
Ek het jou gevorm, en jy is my kneg.+
O Israel, ek sal jou nie vergeet nie.+
22 Ek sal jou oortredings uitwis soos met ’n wolk,+en jou sondes soos met ’n digte wolk.
Keer tog terug na my, want ek sal jou terugkoop.+
23 Roep met vreugde uit, o hemele,want Jehovah het opgetree!
Juig, o diepste dele van die aarde!
Roep vreugdevol uit, o berge,+o woud en al die bome daarin!
Want Jehovah het Jakob teruggekoop,en hy vertoon sy heerlikheid in Israel.”+
24 Dít is wat Jehovah sê, jou Terugkoper,+wat jou gevorm het vandat jy in die baarmoeder was:
“Ek is Jehovah, wat alles gemaak het.
Ek het die hemel alleen uitgespan,+en ek het die aarde uitgesprei.+
Wie was by my?
25 Ek laat die tekens van valse profete misluk,en ek is die Een wat waarsêers soos dwase laat optree,+die Een wat wyse manne verwaren wat hulle kennis in dwaasheid verander.+
26 Ek is die Een wat die woord van sy kneg laat waar word,en wat die voorspellings van sy boodskappers heeltemal vervul,+die Een wat van Jerusalem sê: ‘Sy sal bewoon word,’+
en van die stede van Juda: ‘Hulle sal herbou word,+en ek sal haar verwoeste plekke herstel.’+
27 Ek is die Een wat vir die diep waters sê: ‘Verdamp,en ek sal al jou riviere laat opdroog.’+
28 Ek is die Een wat van Kores+ sê: ‘Hy is my herder,en hy sal my wil ten volle uitvoer,’+die Een wat van Jerusalem sê: ‘Sy sal herbou word,’en van die tempel: ‘Jou fondament sal gelê word.’”+
Voetnote
^ ’n Eretitel vir Israel wat “die opregte” beteken.
^ Of “die dorre land”.
^ Lett. “saad”.
^ D.w.s. die beelde.
^ Of “heiligdom”.
^ Lett. “hulle harte”.
^ Of “sy siel”.