Jesaja 18:1-7
-
Oordeelsboodskap teen Etiopië (1-7)
18 Dit sal sleg gaan met die land waar dit gons van vlieënde insekte
in die streek van die riviere van Etiopië!+
2 Dit stuur boodskappers uit oor die watersin bote van papirus, en sê:
“Gaan, vinnige boodskappers,na ’n nasie van lang mense met ’n gladde vel,na ’n volk wat oral gevrees word,+’n sterk nasie wat verower,wie se land deur riviere weggespoel word.”
3 Alle inwoners van die land en bewoners van die aarde,julle sal iets sien wat soos ’n banier* op die berge opgerig is,en julle sal ’n geluid hoor wat klink soos die geblaas van ’n horing.
4 Want dít is wat Jehovah vir my gesê het:
“Ek sal rustig bly en na* my vaste plek kyk,soos die stralende hitte van die sonlig,soos die dou in die hitte van die oes.
5 Want voor die oes,wanneer daar nie meer bloeisels is nie en die druiwe begin ryp word,sal die jong takkies met snoeimesse afgesny worden die ranke afgekap en verwyder word.
6 Hulle sal almal agtergelaat word vir die roofvoëls van die bergeen vir die diere van die aarde.
Die roofvoëls sal die somer op hulle deurbring,en al die diere van die aarde sal die oestyd op hulle deurbring.
7 In daardie tyd sal ’n geskenk aan Jehovah van die leërmagte gebring wordvan ’n nasie van lang mense met ’n gladde vel,van ’n volk wat oral gevrees word,’n sterk nasie wat verower,wie se land deur riviere weggespoel word,na die plek wat die naam van Jehovah van die leërmagte dra, die berg Sion.”+