Die handelinge van die apostels 7:1-60

  • Stefanus praat voor die Sanhedrin (1-53)

    • Tydperk van die aartsvaders (2-16)

    • Moses se leierskap; Israel se afgodediens (17-43)

    • God woon nie in mensgemaakte tempels nie (44-50)

  • Stefanus met klippe doodgegooi (54-60)

7  Maar die hoëpriester het gevra: “Is hierdie dinge so?”  Stefaʹnus het geantwoord: “Manne, broers en vaders, luister. Die glorieryke God het aan ons voorvader Abraham verskyn terwyl hy in Mesopotaʹmië was, voordat hy in Haran+ gaan woon het,  en hy het vir hom gesê: ‘Trek weg uit jou land en van jou familielede en gaan na die land wat ek jou sal wys.’+  Toe het hy uit die land van die Galdeërs weggetrek en in Haran gaan woon. Nadat sy pa gesterf het,+ het God hom daarvandaan laat trek, en hy het kom woon in hierdie land waarin julle nou woon.+  En tog het God hom nie ’n erfdeel daarin gegee nie, nee, nie eers ’n klein stukkie grond* nie, maar hy het belowe om dit as ’n besitting aan hom en sy nageslag* te gee,+ al het hy nog nie kinders gehad nie.  God het ook vir hom gesê dat sy nageslag* uitlanders sou wees in ’n land wat nie aan hulle behoort nie en dat die mense hulle slawe sou maak en hulle 400 jaar lank sleg sou behandel.+  ‘En ek sal die nasie oordeel wat hulle slawe gemaak het,’+ het God gesê, ‘en daarna sal hulle daardie land verlaat en op hierdie plek heilige diens vir my doen.’+  “Hy het ook vir hom ’n verbond van besnydenis gegee,+ en hy het die pa geword van Isak+ en hom op die agtste dag besny,+ en Isak het die pa geword van* Jakob, en Jakob het die pa geword van die 12 familiehoofde.*  En die familiehoofde het jaloers geword en het Josef+ verkoop om na Egipte geneem te word.+ Maar God was met hom,+ 10  en hy het hom gered van al sy moeilikhede. Hy het vir hom wysheid gegee en het hom die goedkeuring van Farao, die koning van Egipte, laat geniet. En Farao het hom aangestel om Egipte en sy hele huis te bestuur.+ 11  Maar ’n hongersnood het oor die hele Egipte en Kanaän gekom, ja, ’n baie moeilike tyd, en ons voorvaders kon niks kry om te eet nie.+ 12  Maar Jakob het gehoor dat daar kos* in Egipte is, en hy het ons voorvaders die eerste keer uitgestuur.+ 13  Die tweede keer het Josef vir sy broers gesê wie hy is, en Farao het uitgevind wie Josef se familie is.+ 14  Toe het Josef ’n boodskap gestuur en sy pa, Jakob, en al sy familielede van Kanaän laat roep,+ altesaam 75 mense.*+ 15  Jakob het toe na Egipte gegaan,+ en hy het daar gesterf,+ en ons voorvaders ook.+ 16  Hulle is na Sigem geneem en in die graf neergelê wat Abraham vir ’n bedrag silwergeld by die seuns van Hemor in Sigem gekoop het.+ 17  “Toe die tyd nader kom vir God se belofte aan Abraham om vervul te word, het die volk in Egipte vermeerder en baie geword, 18  totdat ’n ander koning oor Egipte begin regeer het, ’n koning wat niks van Josef geweet het nie.+ 19  Hy het ’n slinkse plan teen ons ras uitgevoer en die pa’s verkeerdelik gedwing om hulle babas weg te gooi sodat hulle nie sou bly lewe nie.+ 20  In dié tyd is Moses gebore, en hy was besonder mooi.* Hy is drie maande in sy pa se huis versorg.*+ 21  Maar toe sy ouers gedwing is om hom weg te gooi,+ het die dogter van Farao hom gevat en hom as haar eie seun grootgemaak.+ 22  Moses is dus in al die wysheid van die Egiptenare onderrig. Om die waarheid te sê, hy was kragtig in sy woorde en dade.+ 23  “Toe hy 40 geword het, het hy besluit* om te gaan kyk hoe dit met sy broers, die Israeliete, gaan.+ 24  Toe hy sien dat een van hulle onregverdig behandel word, het hy sy broer verdedig en wraak geneem deur die Egiptenaar dood te maak. 25  Hy het gedink dat sy broers sou besef dat God hom gebruik om hulle te red, maar hulle het dit nie besef nie. 26  Die volgende dag het hy na hulle toe gekom terwyl hulle baklei het, en hy het vrede tussen hulle probeer maak deur te sê: ‘Manne, julle is broers. Hoekom baklei julle met mekaar?’ 27  Maar die een wat sy broer sleg behandel het, het hom weggestoot en gevra: ‘Wie het jou as leier en regter oor ons aangestel? 28  Gaan jy my ook doodmaak soos jy die Egiptenaar gister doodgemaak het?’ 29  Toe Moses dit hoor, het hy gevlug en as ’n uitlander in die land Miʹdian gewoon, waar hy die pa van twee seuns geword het.+ 30  “Ná 40 jaar het ’n engel in die wildernis van die berg Siʹnai in die vlam van ’n brandende doringbos aan hom verskyn.+ 31  Toe Moses dit sien, was hy verbaas. Maar toe hy nader gaan om ondersoek in te stel, het hy Jehovah* se stem gehoor wat sê: 32  ‘Ek is die God van jou voorvaders, die God van Abraham, Isak en Jakob.’+ Moses het begin bewe en het dit nie gewaag om nader te gaan nie. 33  Jehovah* het vir hom gesê: ‘Trek jou sandale uit, want jy staan op heilige grond. 34  Ek het gesien hoe my volk in Egipte onderdruk word, en ek het gehoor hoe hulle sug en steun,+ en ek het neergedaal om hulle te red. Daarom sal ek jou na Egipte toe stuur.’ 35  Hierdie Moses, wat hulle verwerp het deur te sê: ‘Wie het jou as leier en regter aangestel?’+ is dieselfde man wat God as leier en redder gestuur het+ deur middel van die engel wat in die doringbos aan hom verskyn het. 36  Hierdie man het hulle uitgelei+ en het wonderwerke en tekens in Egipte,+ by die Rooisee+ en in die wildernis gedoen, 40 jaar lank.+ 37  “Dit is die Moses wat vir die Israeliete gesê het: ‘God sal vir julle uit julle broers ’n profeet soos ek laat kom.’+ 38  Dit is hy wat saam met die Israeliete in die wildernis bymekaargekom het. Hy was daar by die engel+ wat op die berg Siʹnai met hom en met ons voorvaders gepraat het.+ Hy het lewende heilige verklarings ontvang om aan ons te gee.+ 39  Ons voorvaders het geweier om hom te gehoorsaam, maar hulle het hom weggestoot+ en het in hulle harte na Egipte teruggedraai+ 40  deur vir Aäron te sê: ‘Maak vir ons gode om voor ons uit te gaan. Want ons weet nie wat geword het van hierdie Moses, wat ons uit Egipte uitgelei het nie.’+ 41  Toe het hulle in daardie dae ’n kalf gemaak en ’n offerande aan die afgod gebring en feesgevier oor wat hulle gemaak het.+ 42  Toe het God van hulle af weggedraai en hulle oorgegee om die leërmag van die hemel te aanbid,+ net soos daar in die boek van die profete geskryf is: ‘O huis van Israel, dit was nie aan my dat julle 40 jaar lank in die wildernis diere-offers en offerandes gebring het nie, of hoe? 43  Maar dit was die tent van Molog+ en die ster van die god Refan wat julle saamgedra het, die beelde wat julle gemaak het om te aanbid. Daarom sal ek julle tot anderkant Babilon wegvoer.’+ 44  “Ons voorvaders het die tent van die getuienis in die wildernis gehad. God het Moses beveel om dit te maak volgens die voorbeeld wat hy gesien het.+ 45  En ons voorvaders het dit ontvang en dit saam met Josua ingebring in die land van die nasies,+ wat God voor ons voorvaders uitgedryf het.+ Dit het tot die dae van Dawid hier gebly. 46  Hy het God se seën geniet en het gevra of hy die voorreg kan hê om ’n woonplek vir die God van Jakob te bou.+ 47  Maar dit was Salomo wat vir hom ’n huis gebou het.+ 48  Die Allerhoogste woon egter nie in huise wat met hande gemaak is nie,+ net soos die profeet sê: 49  ‘Die hemel is my troon+ en die aarde is my voetbank.+ Watter soort huis sal julle vir my bou? sê Jehovah.* Of waar is my rusplek? 50  My hand het al hierdie dinge gemaak, nie waar nie?’+ 51  “Julle is hardkoppig, en julle harte en ore is toe,* en julle weerstaan altyd die heilige gees, net soos julle voorvaders gedoen het.+ 52  Watter een van die profete is nie deur julle voorvaders vervolg nie?+ Ja, hulle het die mense doodgemaak wat aangekondig het dat die Regverdige sal kom.+ En nou het julle hom verraai en vermoor,+ 53  julle wat die Wet ontvang het, wat deur engele oorgedra is,+ maar dit nie gehoorsaam het nie.” 54  Wel, toe hulle hierdie dinge hoor, het hulle woedend geword* vir hom en op hulle tande begin kners. 55  Maar hy was vol heilige gees en het na die hemel opgekyk en God se heerlikheid gesien en Jesus wat aan God se regterhand staan,+ 56  en hy het gesê: “Kyk! Ek sien dat die hemel oop is en dat die Seun van die mens+ aan God se regterhand staan.”+ 57  Toe het hulle so hard geskree as wat hulle kon en hulle ore toegedruk, en hulle almal het op hom afgestorm. 58  Nadat hulle hom uit die stad uit geneem het, het hulle hom met klippe begin gooi.+ Die getuies+ het hulle bo-klere by die voete van ’n jong man met die naam Saulus neergesit.+ 59  Terwyl hulle Stefaʹnus met klippe gegooi het, het hy gesmeek: “Here Jesus, ontvang my gees.” 60  Toe het hy op sy knieë gegaan en met ’n sterk stem uitgeroep: “Jehovah,* moet hulle nie vir hierdie sonde verantwoordelik hou nie.”+ En nadat hy dit gesê het, het hy gesterf.*

Voetnote

Lett. “’n voetbreedte”.
Lett. “saad”.
Lett. “saad”.
Of moontlik “het dieselfde gedoen met”.
Of “aartsvaders”.
Of “graan”.
Of “siele”.
Of “was mooi in God se oë”.
Of “grootgemaak”.
Lett. “het dit in sy hart opgekom”.
Lett. “nie besny nie”.
Of “in hulle harte gegrief gevoel”.
Lett. “gaan slaap”.