Die handelinge van die apostels 26:1-32

  • Paulus se verdediging voor Agrippa (1-11)

  • Paulus beskryf sy bekering (12-23)

  • Festus en Agrippa se reaksies (24-32)

26  Agripʹpa+ het vir Paulus gesê: “Jy mag vir jouself praat.” Toe het Paulus sy hand uitgesteek en homself begin verdedig en gesê:  “Ek is bly, koning Agripʹpa, dat ek my vandag voor u kan verdedig in verband met alles waarvan die Jode my beskuldig,+  veral omdat u al die gebruike en geskille onder die Jode baie goed ken. Daarom smeek ek u om geduldig na my te luister.  “Al die Jode weet goed hoe ek van die begin af, van jongs af, my lewe onder my volk* en in Jerusalem gelei het.+  Hulle ken my al lank, en as hulle bereid is, kan hulle getuig dat ek ’n Fariseër+ was en volgens die strengste riglyne van ons godsdiens gelewe het.+  Maar nou word ek verhoor as gevolg van die hoop op die belofte wat God aan ons voorvaders gemaak het,+  en ons 12 stamme hoop om die vervulling van hierdie selfde belofte te sien deur dag en nag ywerig heilige diens vir hom te doen. Dit is oor hierdie hoop dat ek deur die Jode aangekla word,+ o Koning.  “Hoekom is dit vir julle so moeilik om te glo dat God die dooies opwek?  Persoonlik was ek daarvan oortuig dat ek alles in my vermoë moes doen om die naam van Jesus die Nasarener teë te staan. 10  Dit is presies wat ek in Jerusalem gedoen het, en met die toestemming van die hoofpriesters+ het ek baie van die heiliges in tronke opgesluit,+ en wanneer hulle doodgemaak moes word, het ek daarvoor gestem. 11  En ek het hulle probeer dwing om hulle geloof te verlaat deur hulle dikwels in al die sinagoges te straf, en omdat ek briesend kwaad was vir hulle, het ek hulle selfs in ander stede vervolg. 12  “Terwyl ek dit gedoen het en na Damaskus gereis het met die toestemming en ’n opdrag van die hoofpriesters, 13  het ek, o Koning, in die middel van die dag ’n lig op die pad gesien wat helderder as die son was. Dit het uit die hemel op my geskyn, en op dié wat saam met my gereis het.+ 14  En toe ons almal op die grond val, het ek gehoor hoe ’n stem in Hebreeus vir my sê: ‘Saul, Saul, hoekom vervolg jy my? Jy maak dit vir jouself moeilik deur teen die prikkels* te bly skop.’ 15  Maar ek het gesê: ‘Wie is u, Here?’ En die Here het gesê: ‘Ek is Jesus, wat jy vervolg. 16  Maar staan op, want ek het aan jou verskyn om jou uit te kies as ’n kneg en ’n getuie van dinge wat jy gesien het sowel as dinge wat ek jou omtrent my sal laat sien.+ 17  En ek sal jou red van hierdie volk en van die nasies, na wie ek jou stuur,+ 18  om hulle oë te open,+ om hulle uit die duisternis+ na die lig+ en van die gesag van Satan+ na God te lei, sodat hulle sondes vergewe kan word+ en hulle ’n erfenis kan ontvang onder dié wat deur hulle geloof in my geheilig is.’ 19  “Ek was dus nie ongehoorsaam aan die hemelse visioen nie, koning Agripʹpa, 20  maar ek het eers aan dié in Damaskus+ en toe aan dié in Jerusalem+ en in die hele land van Judeʹa en ook aan die nasies die boodskap gebring dat hulle berou moet hê en God moet aanbid deur werke te doen wat by berou pas.+ 21  Daarom het die Jode my in die tempel gearresteer en my probeer doodmaak.+ 22  Maar omdat God my gehelp het, gaan ek tot vandag toe voort om vir klein sowel as groot te getuig, maar ek sê niks behalwe die dinge wat die boeke van die profete sowel as Moses gesê het sou gebeur nie+ 23  dat die Christus moes ly+ en dat hy, as die eerste een wat uit die dood opgewek sou word,+ lig aan hierdie volk sowel as aan die nasies sou verkondig.”+ 24  En terwyl Paulus hierdie dinge gesê het om homself te verdedig, het Festus in ’n harde stem gesê: “Jy is van jou kop af, Paulus! Al jou geleerdheid maak jou mal!” 25  Maar Paulus het gesê: “Ek word nie mal nie, Eksellensie Festus, maar ek praat die waarheid en met gesonde verstand. 26  Want die koning met wie ek nou so vryelik praat, weet van hierdie dinge. Ek is daarvan oortuig dat hy van al hierdie dinge bewus is, want dit het nie iewers in ’n hoek gebeur nie.+ 27  Glo u die Profete, koning Agripʹpa? Ek weet dat u glo.” 28  Agripʹpa het vir Paulus gesê: “Jy sal my in ’n kort tydjie oorreed om ’n Christen te word.” 29  Toe het Paulus gesê: “Ek bid tot God dat nie net u nie, maar ook almal wat vandag na my luister, of dit nou in ’n kort tydjie of in ’n lang tyd is, soos ek sal word, maar sonder hierdie boeie.” 30  Toe het die koning opgestaan, en ook die goewerneur en Bernice en die manne wat by hulle gesit het. 31  En terwyl hulle op pad uit was, het hulle vir mekaar gesê: “Hierdie man doen niks wat die dood of tronkstraf verdien nie.”+ 32  Agripʹpa het toe vir Festus gesê: “Hierdie man kon vrygelaat gewees het as hy nie gesê het dat die keiser sy saak moet verhoor nie.”+

Voetnote

Of “nasie”.
Sien Woordelys, “Prikkel”.