Die handelinge van die apostels 13:1-52

  • Barnabas en Saulus as sendelinge gestuur (1-3)

  • Bediening op Siprus (4-12)

  • Paulus se toespraak in Antiogië van Pisidië (13-41)

  • Profetiese opdrag om vir die nasies te preek (42-52)

13  In Antioʹgië was daar profete en onderrigters in die plaaslike gemeente:+ Barʹnabas, Siʹmeon, wat Niger genoem is, Luʹcius van Sireʹne, Manaʹen, wat saam met Herodes, die distriksheerser, opleiding ontvang het, en Saulus.  Terwyl hulle Jehovah* gedien het* en gevas het, het die heilige gees gesê: “Sonder Barʹnabas en Saulus vir my af+ sodat hulle die werk kan doen waarvoor ek hulle geroep het.”+  Nadat hulle gevas en gebid het, het hulle hulle hande op hulle gelê en hulle weggestuur.  Toe het hierdie manne, wat deur die heilige gees uitgestuur is, na Seleuʹkië gegaan, en van daar af het hulle weggeseil na Siprus toe.  Toe hulle in Saʹlamis kom, het hulle die woord van God in die sinagoges van die Jode begin verkondig. Hulle het ook Johannes as helper gehad.+  Toe hulle deur die hele eiland tot by Pafos gegaan het, het hulle ’n Joodse man met die naam Bar-Jesus ontmoet. Hy was ’n towenaar en ’n valse profeet.  Hy was by die prokonsul* Serʹgius Paulus, ’n intelligente man. Hy het Barʹnabas en Saulus na hom toe laat roep omdat hy gretig was om die woord van God te hoor.  Maar Eʹlimas* die towenaar (dit is wat sy naam beteken) het hulle begin teëstaan en het probeer keer dat die prokonsul geloof in die Here stel.  Toe het heilige gees oor Saulus, wat ook Paulus genoem is, gekom, en hy het reguit na Eʹlimas gekyk 10  en gesê: “O man wat vol allerhande bedrog en allerhande slegtheid is, jou kind van die Duiwel,+ jou vyand van alles wat regverdig is, hou op om die regte weë van Jehovah* te verdraai. 11  Kyk! Jehovah* se hand is op jou, en jy sal blind word en die sonlig ’n tyd lank nie sien nie.” Onmiddellik het ’n dik mis en duisternis oor hom gekom, en hy het rondgegaan en na iemand gesoek om hom aan die hand te lei. 12  Toe die prokonsul sien wat gebeur het, het hy ’n gelowige geword, want hy was verstom oor wat hy omtrent Jehovah* geleer het. 13  Paulus en sy metgeselle het met ’n skip van Pafos af na Perge in Pamfiʹlië gegaan. Maar Johannes+ het hulle verlaat en na Jerusalem teruggekeer.+ 14  Hulle het egter van Perge af na Antioʹgië in Pisiʹdië gegaan. En hulle het op die Sabbatdag in die sinagoge ingegaan+ en daar gaan sit. 15  Nadat daar uit die Wet+ en die boeke van die profete voorgelees is, het die hoofbeamptes van die sinagoge vir hulle die volgende boodskap gestuur: “Manne, broers, as julle enige woorde kan sê om die volk aan te moedig, sê dit.” 16  Toe het Paulus opgestaan en met sy hand beduie en gesê: “Manne, Israeliete en die res van julle wat God vrees, luister. 17  Die God van hierdie volk Israel het ons voorvaders uitgekies, en hy het die volk ’n kragtige nasie gemaak toe hulle as vreemdelinge in Egipte gewoon het en het hulle met ’n sterk arm daaruit gelei.+ 18  En hy het hulle omtrent 40 jaar lank in die wildernis verdra.+ 19  Nadat hy sewe nasies in die land Kanaän vernietig het, het hy hulle land as ’n erfdeel aan ons voorvaders gegee.+ 20  Dit het alles oor sowat 450 jaar gebeur. “Daarna het hy vir hulle rigters gegee tot die tyd van die profeet Samuel.+ 21  Maar toe het hulle daarop aangedring om ’n koning te hê,+ en God het Saul, die seun van Kis, ’n man uit die stam van Benjamin,+ vir 40 jaar aan hulle gegee. 22  Nadat hy hom verwyder het, het hy Dawid vir hulle as koning gegee,+ oor wie hy gesê het: ‘Ek het Dawid, die seun van Isai,+ gevind, ’n man na my hart.+ Hy sal alles doen wat ek wil hê.’ 23  God het volgens sy belofte uit die nageslag* van hierdie man vir Israel ’n redder gebring, Jesus.+ 24  Voordat hy gekom het, het Johannes in die openbaar aan die hele volk Israel verkondig dat hulle gedoop moet word as ’n simbool van berou.+ 25  Maar teen die einde van sy loopbaan het Johannes gesê: ‘Wie dink julle is ek? Ek is nie hy nie. Maar kyk! ná my kom die Een wie se sandale ek nie waardig is om van sy voete los te maak nie.’+ 26  “Manne, broers, julle wat die nakomelinge van Abraham is en die res van julle wat God vrees, die woord van hierdie redding is aan ons gestuur.+ 27  Want die inwoners van Jerusalem en hulle leiers het hom nie herken nie, maar toe hulle as regters opgetree het, het hulle die dinge vervul wat in die boeke van die profete gesê is+ en wat elke sabbat voorgelees word. 28  Al het hulle geen rede gevind dat hy die doodstraf moet ontvang nie,+ het hulle Pilatus gevra om hom te laat doodmaak.+ 29  Toe hulle alles vervul het wat oor hom geskryf is, het hulle hom van die paal* afgehaal en hom in ’n graf neergelê.+ 30  Maar God het hom uit die dood opgewek,+ 31  en hy het gedurende baie dae aan dié verskyn wat saam met hom van Galileʹa af na Jerusalem gegaan het. Hierdie mense getuig nou oor hom aan die volk.+ 32  “Daarom vertel ons julle van die goeie nuus oor die belofte wat aan die voorvaders gemaak is. 33  God het dit heeltemal vir ons, hulle kinders, vervul deur Jesus op te wek,+ net soos daar in die tweede psalm geskryf is: ‘Jy is my seun. Vandag het ek jou vader geword.’+ 34  En hy het die volgende gesê oor die feit dat Hy hom uit die dood opgewek het en hom ’n liggaam gegee het wat nooit sal ontbind nie: ‘Ek sal aan julle die seëninge gee wat ek weens my lojale liefde aan Dawid belowe het. Hierdie belofte is betroubaar.’+ 35  Daarom sê dit ook in ’n ander psalm: ‘U sal nie toelaat dat u lojale kneg ontbind nie.’+ 36  Maar Dawid het God gedurende sy leeftyd gedien.* Hy het gesterf,* is by sy voorvaders neergelê, en sy liggaam het wel ontbind.+ 37  Aan die ander kant het die een wat deur God opgewek is, nie ontbind nie.+ 38  “Laat dit dus aan julle bekend wees, broers, dat vergifnis van sondes deur middel van hierdie een aan julle verkondig word.+ 39  Deur hom word almal wat glo, onskuldig verklaar van alle dinge waarvan die Wet van Moses+ julle nie onskuldig kon verklaar nie.+ 40  Sorg dus dat wat in die boeke van die profete gesê word, nie met julle gebeur nie: 41  ‘Kyk daarna, julle spotters, en wees verbaas daaroor en sterf, want ek doen ’n werk in julle dae, ’n werk wat julle nooit sal glo nie, al vertel iemand julle alles daaromtrent.’”+ 42  En toe hulle uitgaan, het die mense hulle gesmeek om die volgende Sabbat weer oor hierdie dinge te praat. 43  Ná die vergadering in die sinagoge het baie van die Jode en proseliete wat God aanbid het, Paulus en Barʹnabas gevolg. Hulle twee het met hulle gepraat en hulle aangespoor om in die onverdiende goedheid van God te bly.+ 44  Byna die hele stad het die volgende Sabbat bymekaargekom om die woord van Jehovah* te hoor. 45  Toe die Jode die skare sien, het hulle jaloers geword en Paulus weerspreek en sleg* gepraat oor die dinge wat hy gesê het.+ 46  Toe het Paulus en Barʹnabas moedig vir hulle gesê: “Die woord van God moes eers aan julle verkondig word.+ Maar omdat julle dit verwerp en dink dat julle nie waardig is om die ewige lewe te ontvang nie, gaan ons nou na die nasies.+ 47  Want Jehovah* het vir ons gesê: ‘Ek het jou as ’n lig vir die nasies aangestel sodat jy tot aan die eindes van die aarde ’n redding sal wees.’”+ 48  Toe dié uit die nasies dit hoor, het hulle bly geword en gesê hoe wonderlik die woord van Jehovah* is, en almal wat die regte gesindheid vir die ewige lewe gehad het, het gelowiges geword. 49  En die woord van Jehovah* het deur die hele land versprei. 50  Maar die Jode het die belangrike godsdienstige vrouens en die belangrike manne van die stad opgesteek, en hulle het veroorsaak dat Paulus en Barʹnabas vervolg word,+ en hulle het hulle uit hulle gebied gejaag. 51  Toe het hulle die stof van hulle voete teen hulle afgeskud en na Ikoʹnium gegaan.+ 52  En die dissipels is voortdurend met vreugde en heilige gees gevul.+

Voetnote

Of “in die openbaar gedien het”.
D.w.s. die Romeinse goewerneur van ’n provinsie. Sien Woordelys.
Dieselfde persoon wat in vs. 6 Bar-Jesus genoem word.
Lett. “saad”.
Of “boom”.
Of “die wil van God in sy geslag gedoen”.
Lett. “gaan slaap”.
Of “lasterlik”.