Die handelinge van die apostels 21:1-40

  • Op pad na Jerusalem (1-14)

  • Aankoms in Jerusalem (15-19)

  • Paulus volg die ouermanne se raad (20-26)

  • Opskudding in tempel; Paulus gearresteer (27-36)

  • Paulus mag met die skare praat (37-40)

21  Nadat ons swaar van hulle afskeid geneem het, het ons op ’n skip geklim en reguit tot by Kos gevaar. Die volgende dag het ons na Rodos gevaar, en daarvandaan na Paʹtara.  Toe het ons op ’n skip geklim wat op pad was na Feniʹsië toe en weggeseil.  Ons het die eiland Siprus aan ons linkerkant gesien, maar ons het daar verbygegaan en na Sirië geseil en by Tirus afgeklim, waar die skip sy vrag moes aflaai.  Ons het na die dissipels gesoek en hulle gevind en sewe dae daar gebly. Maar deur die gees het hulle herhaaldelik vir Paulus gesê om nie ’n voet in Jerusalem+ te sit nie.  En toe ons tyd daar tot ’n einde gekom het, het ons verder gereis, maar hulle almal, insluitende die vrouens en kinders, het saam met ons gegaan tot buite die stad. En ons het op die strand gekniel en gebid  en van mekaar afskeid geneem. Toe het ons op die skip geklim, en hulle het teruggegaan huis toe.  Ons het toe met die skip van Tirus af na Ptolemaʹïs gegaan, en ons het die broers gegroet en een dag by hulle gebly.  Die volgende dag het ons vertrek en in Sesareʹa aangekom, en ons het in die huis ingegaan van Filippus, die evangelieprediker, wat een van die sewe manne was,+ en ons het by hom gebly.  Hierdie man het vier ongetroude* dogters gehad wat geprofeteer het.+ 10  Maar nadat ons ’n hele paar dae daar gebly het, het ’n profeet met die naam Aʹgabus+ van Judeʹa af gekom. 11  Hy het na ons toe gekom en Paulus se lyfband geneem en dit om sy eie voete en hande gebind en gesê: “So sê die heilige gees: ‘Die man aan wie hierdie lyfband behoort, sal so deur die Jode in Jerusalem gebind word,+ en hulle sal hom in die hande van mense van die nasies oorlewer.’”+ 12  En toe ons dit hoor, het ons en dié wat by ons was, Paulus begin smeek om nie na Jerusalem te gaan nie. 13  Toe het hy geantwoord: “Hoekom probeer julle my van plan laat verander* deur so te huil? Wees verseker, ek is nie net gereed om gebind te word nie, maar ook om in Jerusalem te sterf vir die naam van die Here Jesus.”+ 14  Omdat hy hom nie laat ompraat het nie, het ons opgehou om hom te probeer keer* en gesê: “Laat die wil van Jehovah* plaasvind.” 15  En ná hierdie dae het ons vir die reis voorberei en na Jerusalem vertrek. 16  Party van die dissipels uit Sesareʹa het ook saam met ons gegaan en ons na Mnason van Siprus geneem. Hy was een van die eerste dissipels, en ons sou in sy huis bly. 17  Toe ons in Jerusalem kom, het die broers ons met blydskap verwelkom. 18  Maar die volgende dag het Paulus saam met ons na Jakobus+ toe gegaan, en al die ouermanne was daar. 19  En hy het hulle gegroet en in besonderhede begin vertel van die dinge wat God onder die nasies deur sy bediening gedoen het. 20  Nadat hulle dit gehoor het, het hulle God begin verheerlik, maar hulle het vir hom gesê: “Broer, jy sien hoeveel duisende gelowiges daar onder die Jode is, en hulle almal is ywerig vir die Wet.+ 21  Maar hulle het gehoor dat daar gesê is dat jy al die Jode onder die nasies geleer het om van Moses afvallig te word deur vir hulle te sê om nie hulle kinders te besny of die gebruike te volg nie.+ 22  Wat moet daaromtrent gedoen word? Hulle gaan beslis hoor dat jy gekom het. 23  Doen dan wat ons vir jou sê: Ons het vier manne wat ’n gelofte gemaak het. 24  Neem hierdie manne saam met jou en reinig jou seremonieel saam met hulle en betaal vir hulle die koste sodat hulle hulle koppe kan laat skeer. Dan sal almal weet dat die dinge wat hulle van jou gehoor het, nie waar is nie, maar dat jy jou goed gedra en self ook die Wet gehoorsaam.+ 25  En ons het die gelowiges uit die nasies skriftelik laat weet van ons besluit dat hulle hulle moet weerhou van afgodsoffers,+ van bloed,+ van wat verwurg is*+ en van seksuele onsedelikheid.”*+ 26  Die volgende dag het Paulus die manne geneem en hom saam met hulle seremonieel gereinig.+ Hy het in die tempel ingegaan om te sê wanneer die dae vir die seremoniële reiniging voltooi sou wees en die offer vir elkeen van hulle gebring moes word. 27  En toe die sewe dae amper verby was, het die Jode van Asië hom in die tempel gesien en die hele skare opgesteek, en hulle het hom gegryp 28  en uitgeroep: “Manne van Israel, help! Dit is die man wat oral en aan almal dinge leer wat teen die volk en ons Wet en hierdie plek is. En hy het selfs Grieke in die tempel ingebring en het hierdie heilige plek onrein gemaak.”+ 29  Want hulle het Troʹfimus,+ die Efesiër, voorheen in die stad saam met hom gesien, en hulle het gedink dat Paulus hom in die tempel ingebring het. 30  Daar was ’n opskudding in die hele stad, en die mense het saam aangehardloop gekom en Paulus gegryp en hom tot buite die tempel gesleep, en die deure is onmiddellik toegemaak. 31  Terwyl hulle hom probeer doodmaak het, het die bevelvoerder van die leërafdeling ’n boodskap gekry dat die hele Jerusalem in verwarring is, 32  en hy het dadelik soldate en militêre offisiere geneem en na hulle toe gehardloop. Toe hulle die militêre bevelvoerder en die soldate sien, het hulle opgehou om Paulus te slaan. 33  Toe het die militêre bevelvoerder nader gekom en hom gearresteer en beveel dat hy met twee kettings geboei moet word.+ Hy het toe begin vra wie hy is en wat hy gedoen het. 34  Maar party in die skare het een ding begin uitroep en ander iets anders. En omdat hy as gevolg van die opskudding nie kon uitvind wat aangaan nie, het hy beveel dat hy na die soldate se kwartiere gebring moet word. 35  Maar toe Paulus by die trappe kom, moes die soldate hom dra omdat die skare so gewelddadig was, 36  want ’n groep mense het agter hulle aangeloop en uitgeroep: “Maak hom dood!” 37  Net voordat hy in die soldate se kwartiere ingelei sou word, het Paulus vir die militêre bevelvoerder gevra: “Mag ek vir u iets sê?” Hy het gevra: “Kan jy dan Grieks praat? 38  Is jy dan nie die Egiptenaar wat ’n ruk gelede ’n opstand veroorsaak het en 4 000 gewapende manne na die wildernis geneem het nie?” 39  Toe het Paulus gesê: “Ek is eintlik ’n Jood,+ van Tarsus+ in Siliʹsië, ’n burger van ’n bekende stad. Daarom smeek ek u: Laat my toe om met die volk te praat.” 40  Nadat hy toestemming gegee het, het Paulus, wat op die trap gestaan het, met sy hand vir die volk beduie. Toe die mense stil word, het hy in Hebreeus met hulle gepraat+ en gesê:

Voetnote

Lett. “maagdelike”.
Of “om my hart swak te maak”.
Lett. “het ons stil geword”.
Of “wat doodgemaak is sonder om gebloei te word”.
Grieks: por·neiʹa. Sien Woordelys.