Die handelinge van die apostels 27:1-44

  • Paulus seil na Rome (1-12)

  • Storm tref die skip (13-38)

  • Skipbreuk (39-44)

27  En toe daar besluit is dat ons na Italië moet wegseil,+ het hulle Paulus en party ander gevangenes oorgelewer aan ’n militêre offisier met die naam Juʹlius, van die afdeling van Augustus.  Ons het op ’n skip geklim uit Adramitʹtium wat op pad was na hawens langs die kus van die provinsie Asië, en toe het ons weggeseil. Aristarʹgus,+ ’n Masedoniër van Tessaloʹnika, was saam met ons.  Die volgende dag het ons by Sidon aangekom, en Juʹlius het Paulus goed* behandel en hom toegelaat om na sy vriende toe te gaan sodat hulle vir hom kan sorg.  En ons het daarvandaan weggevaar en naby Siprus geseil, wat as beskerming gedien het teen die winde wat teen ons was.  Toe het ons deur die oop see langs Siliʹsië en Pamfiʹlië gevaar en by die hawe van Mira in Liʹsië aangekom.  Daar het die militêre offisier ’n skip gevind wat uit Aleksandrië na Italië geseil het, en hy het ons daarop laat klim.  Nadat ons ’n hele aantal dae stadig verder geseil het, het ons met ’n groot gesukkel by Knidus aangekom. Omdat die wind dit vir ons moeilik gemaak het om verder te gaan, het ons naby Kreta verby Salmoʹne geseil, waar ons teen die winde beskerm was.  En ons het met ’n groot gesukkel langs die kus gevaar en by ’n plek gekom met die naam Mooi Hawens, wat naby die stad Laseʹa is.  ’n Hele paar dae het verbygegaan, en dit het gevaarlik geword om verder te reis, want selfs die vas van die Versoendag+ was reeds verby. Paulus het dus ’n voorstel gemaak 10  en vir hulle gesê: “Manne, ek sien dat hierdie reis tot skade en groot verlies gaan lei, nie net van die vrag en die skip nie, maar ook van ons lewens.”* 11  Maar die militêre offisier het eerder na die stuurman en die eienaar van die skip geluister as na wat Paulus gesê het. 12  Omdat die hawe nie geskik was om die hele winter daar te bly nie, het die meerderheid voorgestel dat hulle daarvandaan wegseil om te sien of hulle miskien die winter in Feniks kon deurbring, ’n hawe van Kreta wat oop lê na die noordooste en na die suidooste. 13  Toe die suidewind saggies begin waai, het hulle gedink dat dit nou ’n goeie tyd is om na Feniks te vertrek, en hulle het die anker gelig en langs die kus van Kreta geseil. 14  Maar ’n rukkie later het ’n stormwind wat Euraʹkilon* genoem word, daarteen losgebars. 15  Die skip is rondgeruk en kon nie verder teen die wind gaan nie, en daarom het ons opgegee en is ons deur die wind weggedryf. 16  Toe het ons tot op ’n sekere plek gevaar naby ’n eilandjie wat Kauda genoem word, waar ons teen die wind beskerm is, maar ons kon amper nie die klein bootjie* by die agterste deel van die skip onder beheer kry nie. 17  Maar nadat hulle die bootjie opgetrek het, het hulle toue styf onderom die skip vasgemaak om dit te versterk. Omdat hulle bang was dat hulle op die Sirtis* gestrand sou word, het hulle die toue van die seile losgemaak en laat sak, en so het hulle verder gedryf. 18  Omdat ons geweldig deur die storm heen en weer geslinger is, het hulle die skip die volgende dag ligter begin maak. 19  En op die derde dag het hulle die toerusting van die skip in die water gegooi. 20  Toe die son en sterre dae lank nie verskyn het nie en ’n hewige storm aan die gang was, het ons uiteindelik alle hoop verloor om gered te word. 21  Nadat hulle ’n lang tyd nie geëet het nie, het Paulus opgestaan en gesê: “Manne, julle moes beslis na my geluister het en nie van Kreta af uitgevaar het nie. Dan sou ons nie hierdie skade en verlies gely het nie.+ 22  Maar ek spoor julle nou aan om nie moed te verloor nie, want nie een van julle* sal doodgaan nie. Net die skip sal vergaan. 23  Gisteraand het ’n engel+ van die God aan wie ek behoort en vir wie ek heilige diens doen, by my gestaan 24  en gesê: ‘Moenie bang wees nie, Paulus. Jy moet voor die keiser staan,+ en kyk! ter wille van jou spaar God almal wat saam met jou seil.’ 25  Moet dus nie moed verloor nie, manne, want ek glo dat God dit sal laat gebeur net soos daar vir my gesê is. 26  Maar ons moet op ’n sekere eiland uitgespoel word.”+ 27  En op die 14de nag, terwyl ons op die see van Aʹdria heen en weer geslinger is, het die matrose om middernag begin vermoed dat hulle naby land is. 28  Hulle het die diepte gemeet en gevind dat dit 20 vaam* is. Toe het hulle ’n entjie verder gegaan, weer gemeet en gevind dat dit 15 vaam* is. 29  En omdat hulle bang was dat ons op die rotse sou beland, het hulle vier ankers van die agterste deel van die skip uitgegooi en begin wens dat dit dag moet word. 30  Maar die matrose het van die skip af probeer ontsnap. Hulle het die klein bootjie in die see laat sak en voorgegee dat hulle die ankers wat by die voorste deel van die skip is, wil laat sak. 31  Toe het Paulus vir die militêre offisier en die soldate gesê: “As hierdie manne nie op die skip bly nie, kan julle nie gered word nie.”+ 32  Die soldate het toe die toue van die bootjie losgesny en dit laat afval. 33  Net voor dagbreek het Paulus almal aangemoedig om te eet en gesê: “Vandag is die 14de dag dat julle angstig wag, en julle het nog niks geëet nie. 34  Daarom moedig ek julle aan om vir julle eie beswil iets te eet, want nie ’n haar op enige van julle koppe sal verlore gaan nie.” 35  Nadat hy dit gesê het, het hy ’n brood geneem, God voor hulle almal gedank, dit gebreek en begin eet. 36  Toe kry hulle almal weer moed, en hulle het begin eet. 37  Ons was altesaam 276 mense* op die skip. 38  Nadat hulle genoeg geëet het, het hulle die skip ligter begin maak deur die koring in die see te gooi.+ 39  Toe dit dag word, kon hulle land sien, maar hulle het nie geweet waar hulle was nie.+ Hulle het ’n baai met ’n strand gesien en was vasbeslote om die skip daar te laat strand as hulle kon. 40  Hulle het toe die ankers losgesny en dit in die see laat val en terselfdertyd die toue van die stuurspane losgemaak. Toe het hulle die voorseil gehys sodat die wind die skip strand toe kon dryf. 41  Hulle het ’n sandbank getref en die skip daarop laat strand. Die voorste deel van die skip het daarin vasgesteek en kon nie meer beweeg nie, maar die agterste deel van die skip is deur die geweld van die golwe uitmekaargeslaan.+ 42  Die soldate het toe besluit om die gevangenes dood te maak sodat niemand kan wegswem en ontsnap nie. 43  Maar die militêre offisier was vasbeslote om Paulus veilig oor te bring en het hulle gekeer om hulle plan uit te voer. Hy het dié wat kon swem, eerste beveel om in die see te spring en by die land uit te kom. 44  Die res sou agterna kom, party op planke en party op stukke van die skip. En so het almal veilig by die land uitgekom.+

Voetnote

Of “met mensliewendheid”.
Of “siele”.
D.w.s. ’n noordoostewind.
Of “sloep”, ’n bootjie wat as ’n reddingsbootjie kon dien.
Of “nie ’n siel onder julle”.
Omtrent 36 m. Sien Aanh. B14.
Omtrent 27 m. Sien Aanh. B14.
Of “siele”.