Die handelinge van die apostels 28:1-31

  • Op Malta (1-6)

  • Publius se pa word genees (7-10)

  • Weer op pad na Rome (11-16)

  • Paulus praat met Jode in Rome (17-29)

  • Paulus preek twee jaar lank moedig (30, 31)

28  Nadat ons die eiland veilig bereik het, het ons uitgevind dat dit Malta+ genoem word.  Die eilandbewoners* was buitengewoon goed vir ons.* Hulle het ons almal vriendelik verwelkom en ’n vuur gemaak, want dit het gereën en dit was koud.  Maar toe Paulus ’n bondel hout bymekaarmaak en op die vuur gooi, het ’n slang uitgekom as gevolg van die hitte en aan sy hand vasgebyt.  Toe die eilandbewoners die giftige dier aan sy hand sien hang, het hulle vir mekaar begin sê: “Hierdie man is vir seker ’n moordenaar, en al het hy nie in die see gesterf nie, het Geregtigheid* hom nie toegelaat om te bly lewe nie.”  Maar hy het die slang in die vuur afgeskud en niks oorgekom nie.  Hulle het verwag dat hy sou opswel of skielik dood sou neerval. Nadat hulle ’n lang ruk gewag het en gesien het dat hy niks oorgekom het nie, het hulle van opinie verander en begin sê dat hy ’n god is.  En op daardie plek was daar landerye wat aan die belangrikste man op die eiland behoort het. Sy naam was Pubʹlius, en hy het ons verwelkom en drie dae lank gasvryheid aan ons betoon.  Maar Pubʹlius se pa was siek in die bed met koors en hewige diarree,* en Paulus het ingegaan na hom toe en gebid, sy hande op hom gelê en hom gesond gemaak.+  Nadat dit gebeur het, het die res van die mense op die eiland wat siek was, ook na Paulus toe begin kom, en hulle is genees.+ 10  Hulle het hulle waardering getoon deur vir ons baie geskenke te gee, en toe ons gereedmaak om weg te seil, het hulle ons oorlaai met alles wat ons nodig gehad het. 11  Drie maande later het ons weggeseil in ’n skip wat beelde van die seuns van Zeus aan die voorkant gehad het. Die skip was uit Aleksandrië en het by die eiland gewag totdat die winter verby was. 12  Ons het by die hawe van Sirakuʹse aangekom en drie dae daar gebly. 13  Van daar af het ons omgevaar en by Reʹgium aangekom. ’n Dag later het ’n suidewind begin waai, en ons het Puteʹoli op die tweede dag bereik. 14  Hier het ons broers gevind, wat aangedring het dat ons sewe dae by hulle bly, en toe het ons na Rome vertrek. 15  Toe die broers daar die nuus oor ons hoor, het hulle tot by die Mark van Apʹpius en die Drie Herberge gekom om ons te ontmoet. Toe Paulus hulle sien, het hy God gedank en nuwe moed gekry.+ 16  Toe ons uiteindelik in Rome aankom, is Paulus toegelaat om op sy eie te bly met die soldaat wat hom opgepas het. 17  Drie dae later het hy egter die Joodse leiers bymekaargeroep en vir hulle gesê: “Manne, broers, al het ek niks teen die volk of die gebruike van ons voorvaders gedoen nie,+ is ek as ’n gevangene uit Jerusalem aan die Romeine oorgelewer.+ 18  En nadat hulle ondersoek ingestel het,+ wou hulle my vrylaat, want daar was geen rede om my dood te maak nie.+ 19  Maar toe die Jode beswaar gemaak het, kon ek nie anders as om te sê dat die keiser my saak moet verhoor nie,+ al het ek niks gehad om my nasie van te beskuldig nie. 20  Daarom het ek gevra om julle te sien en met julle te praat, want dit is as gevolg van die hoop van Israel dat ek hierdie ketting om my het.”+ 21  Hulle het vir hom gesê: “Ons het nie briewe oor jou uit Judeʹa ontvang nie, en nie een van die broers wat van daar af gekom het, het enigiets slegs oor jou gesê nie. 22  Maar ons wil graag by jou hoor wat jy dink, want een ding is seker: Ons weet dat daar oral teen hierdie sekte+ gepraat word.”+ 23  Hulle het toe gereël om op ’n sekere dag na hom toe te gaan, en selfs ’n groter groep van hulle het na die plek toe gegaan waar hy gebly het. En van die oggend tot die aand het hy die saak aan hulle verduidelik deur deeglik oor die Koninkryk van God te getuig. Hy het hulle uit die Wet van Moses+ en ook uit die boeke van die profete+ probeer oortuig van Jesus.+ 24  Party het begin glo wat hy gesê het, maar ander het nie geglo nie. 25  Omdat hulle nie met mekaar saamgestem het nie, het hulle begin weggaan, en Paulus het die volgende opmerking gemaak: “Die heilige gees het gepas deur middel van die profeet Jesaja met julle voorvaders gepraat 26  en gesê: ‘Gaan na hierdie volk toe en sê: “Julle sal beslis hoor, maar julle sal glad nie verstaan nie, en julle sal beslis kyk, maar julle sal glad nie sien nie.+ 27  Want die hart van hierdie volk het ongevoelig geword, en met hulle ore het hulle gehoor sonder om te reageer, en hulle het hulle oë toegemaak. Daarom sal hulle nooit met hulle oë sien en met hulle ore hoor en met hulle hart verstaan en terugdraai en deur my genees word nie.”’+ 28  Laat dit dan aan julle bekend wees dat hierdie redding wat van God kom, na die nasies uitgestuur is,+ en hulle sal beslis daarna luister.”+ 29  *—— 30  Toe het hy ’n volle twee jaar in sy eie gehuurde huis gebly,+ en hy het almal wat na hom toe gekom het, vriendelik ontvang. 31  Hy het met die grootste vrymoedigheid van spraak* die Koninkryk van God aan hulle verkondig+ en hulle oor die Here Jesus Christus geleer sonder dat enigiemand hom gekeer het.

Voetnote

Of “anderstalige mense”.
Of “mensliewend teenoor ons”.
Grieks: Diʹke, wat moontlik verwys na die godin wat wraak neem ter wille van geregtigheid of na die personifikasie van geregtigheid.
Lett. “disenterie”.
Of “Hy het moedig”.