Die handelinge van die apostels 23:1-35

  • Paulus praat voor die Sanhedrin (1-10)

  • Paulus versterk deur die Here (11)

  • Plan om Paulus dood te maak (12-22)

  • Paulus oorgeplaas na Sesarea (23-35)

23  Paulus het reguit na die Sanheʹdrin gekyk en gesê: “Manne, broers, ek het tot vandag toe met ’n skoon gewete+ voor God gelewe.”  Toe het die hoëpriester Ananiʹas dié wat by hom gestaan het, beveel om hom op die mond te slaan.  Toe het Paulus vir hom gesê: “God gaan jou slaan, jou skynheilige.* Jy sit om my volgens die Wet te oordeel, maar terselfdertyd oortree jy die Wet deur te beveel dat ek geslaan moet word.”  Dié wat daar gestaan het, het gevra: “Beledig jy die hoëpriester van God?”  Paulus het gesê: “Broers, ek het nie geweet dat hy hoëpriester is nie. Want daar is geskryf: ‘Jy mag nie ’n heerser van jou volk beledig nie.’”+  Paulus het geweet dat die een deel Sadduseërs is en dat die ander deel Fariseërs is, en daarom het hy in die Sanheʹdrin uitgeroep: “Manne, broers, ek is ’n Fariseër,+ ’n seun van Fariseërs. Ek word geoordeel omdat ek in die opstanding van die dooies glo.”  Omdat hy dit gesê het, het daar onenigheid tussen die Fariseërs en die Sadduseërs ontstaan, en die vergadering was verdeeld.  Want die Sadduseërs sê dat daar geen opstanding of engel of gees is nie, maar die Fariseërs glo wel daarin.*+  Toe het die mense hard begin skree, en sommige van die skrifgeleerdes van die party van die Fariseërs het opgestaan en erg begin stry en gesê: “Ons vind niks verkeerds in hierdie man nie, maar as ’n gees of ’n engel met hom gepraat het+ . . . ” 10  En toe die onenigheid erger word, was die militêre bevelvoerder bang dat hulle Paulus sou doodmaak. Hy het die soldate beveel om af te gaan om Paulus tussen hulle te gaan haal en hom in die soldate se kwartiere in te bring. 11  Maar die volgende nag het die Here by hom gestaan en gesê: “Moenie moed verloor nie!+ Want net soos jy in Jerusalem deeglik oor my getuig het, so moet jy ook in Rome getuig.”+ 12  Toe dit dag word, het die Jode ’n plan beraam om Paulus dood te maak. Hulle het ’n eed afgelê dat hulle vervloek sou wees as hulle eet of drink voordat hulle Paulus doodgemaak het. 13  Daar was meer as 40 manne wat hierdie eed afgelê het. 14  Hierdie manne het na die hoofpriesters en die ouermanne toe gegaan en gesê: “Ons het ’n eed afgelê dat ons vervloek sal wees as ons enigiets eet voordat ons Paulus doodgemaak het. 15  Julle en die Sanheʹdrin moet dan nou vir die militêre bevelvoerder laat weet dat hy Paulus na julle toe moet bring. Julle moet maak asof julle sy saak noukeuriger wil ondersoek. Maar voordat hy naby kom, sal ons gereed wees om hom dood te maak.” 16  Maar die seun van Paulus se suster het gehoor dat hulle beplan om hom voor te lê, en hy het in die soldate se kwartiere ingegaan en Paulus hiervan vertel. 17  Paulus het toe een van die militêre offisiere na hom toe geroep en gesê: “Neem hierdie jong man na die militêre bevelvoerder toe, want hy het iets om vir hom te vertel.” 18  Toe het hy hom geneem en hom na die militêre bevelvoerder toe gelei en gesê: “Die gevangene Paulus het my geroep en my gevra om hierdie jong man na u toe te bring, want hy het iets om vir u te vertel.” 19  Die militêre bevelvoerder het hom by die hand eenkant toe geneem en gevra: “Wat het jy om vir my te vertel?” 20  Hy het gesê: “Die Jode het ingestem om u te vra om Paulus môre na die Sanheʹdrin te bring. Hulle gaan maak asof hulle sy saak noukeuriger wil ondersoek.+ 21  Maar moenie dat hulle u oorreed nie, want môre gaan meer as 40 van hulle manne hom voorlê, en hulle het ’n eed afgelê dat hulle vervloek sal wees as hulle eet of drink voordat hulle hom doodgemaak het.+ Hulle is nou gereed en wag net dat u toestemming gee.” 22  Toe het die militêre bevelvoerder die jong man laat gaan nadat hy hom beveel het: “Moet vir niemand sê dat jy my hiervan vertel het nie.” 23  En hy het twee van die militêre offisiere geroep en vir hulle gesê: “Kry 200 soldate, 70 perderuiters en 200 spiesvegters gereed om teen die derde uur van die nag* tot by Sesareʹa te gaan. 24  Sorg ook dat daar perde beskikbaar is om Paulus veilig na Feliks die goewerneur te neem.” 25  En hy het die volgende brief geskryf: 26  “Van Claudius Liʹsias aan Sy Eksellensie, goewerneur Feliks: Groete! 27  Hierdie man is deur die Jode gegryp en is amper deur hulle doodgemaak, maar ek het vinnig met my soldate gekom en hom gered,+ want ek het uitgevind dat hy ’n Romein is.+ 28  En omdat ek wou uitvind waarvan hulle hom beskuldig, het ek hom na hulle Sanheʹdrin gebring.+ 29  Ek het uitgevind dat hy beskuldig word van dinge wat met hulle Wet verband hou,+ maar dat hy niks gedoen het wat die dood of tronkstraf verdien nie. 30  Maar omdat ek gehoor het dat hulle beplan om hom dood te maak,+ stuur ek hom dadelik na u toe en beveel ek die beskuldigers om voor u te sê wat hulle teen hom het.” 31  Toe het hierdie soldate Paulus geneem,+ net soos hulle beveel is, en hom in die nag na Antiʹpatris gebring. 32  Die volgende dag het hulle die perderuiters toegelaat om verder saam met hom te gaan, maar hulle het na die soldate se kwartiere teruggegaan. 33  Die perderuiters het in Sesareʹa ingegaan en die brief vir die goewerneur gegee en Paulus ook aan hom oorhandig. 34  Toe het hy dit gelees en gevra van watter provinsie hy is en uitgevind dat hy van Siliʹsië+ is. 35  Hy het gesê: “Ek sal seker maak dat jy behoorlik verhoor word wanneer jou beskuldigers hier aankom.”+ En hy het beveel dat hy in Herodes se paleis* bewaak word.

Voetnote

Of “jou witgeverfde muur”.
Of “verkondig dit in die openbaar”.
D.w.s. omtrent 21:00.
Of “pretoriaanse paleis”.