Die handelinge van die apostels 14:1-28

  • Toename en teenstand in Ikonium (1-7)

  • Mense in Listra dink Paulus en Barnabas is gode (8-18)

  • Paulus met klippe gegooi, lewe nog (19, 20)

  • Gemeentes word versterk (21-23)

  • Terug na Antiogië van Sirië (24-28)

14  En in Ikoʹnium het hulle saam in die sinagoge van die Jode ingegaan en so goed gepraat dat ’n groot groep Jode sowel as Grieke gelowiges geword het.  Maar die Jode wat nie geglo het nie, het die mense* van die nasies teen die broers opgesteek en hulle beïnvloed om die broers te haat.+  Hulle het dus ’n tyd lank daar gebly en het moedig gepreek omdat Jehovah* hulle die gesag gegee het om dit te doen. Hy het die boodskap van sy onverdiende goedheid bevestig deur hulle in staat te stel om tekens en wonderwerke te doen.+  Maar die mense van die stad was verdeeld. Party was vir die Jode, maar ander vir die apostels.  Die mense van die nasies sowel as die Jode en hulle leiers het probeer om hulle te mishandel en hulle met klippe te gooi.+  Toe hulle daarvan uitvind, het hulle gevlug na die stede Likaoʹnië, Listra en Derbe en na die omliggende gebied.+  Daar het hulle voortgegaan om die goeie nuus bekend te maak.  En in Listra het daar ’n man gesit wat verlam was in sy voete. Hy was van geboorte af kreupel en het nog nooit geloop nie.  Hierdie man het na Paulus geluister terwyl hy gepraat het. Paulus het reguit na hom gekyk en toe hy sien dat hy geloof het om gesond gemaak te word,+ 10  het hy met ’n harde stem gesê: “Staan regop, op jou voete.” En hy het opgespring en begin loop.+ 11  Toe die skare sien wat Paulus gedoen het, het hulle in Likaoʹnies uitgeroep: “Die gode het soos mense geword en het na ons toe neergedaal!”+ 12  En hulle het Barʹnabas Zeus begin noem, maar Paulus Hermes omdat hy die praatwerk gedoen het. 13  En die priester van Zeus, wie se tempel by die ingang van die stad was, het bulle en kranse* na die poorte gebring en wou saam met die skare offerandes bring. 14  Maar toe die apostels Barʹnabas en Paulus hiervan hoor, het hulle hulle klere geskeur en tussen die skare ingespring en uitgeroep: 15  “Manne, hoekom doen julle hierdie dinge? Ons is ook mense met dieselfde gebreke as julle.+ En ons maak die goeie nuus aan julle bekend sodat julle kan ophou om hierdie waardelose dinge te doen en die lewende God kan aanbid, wat die hemel en die aarde en die see en alles daarin gemaak het.+ 16  In vorige geslagte het hy al die nasies toegelaat om te doen wat hulle wil,+ 17  maar tog het hy getuienis oor homself gegee+ deur goeie dinge te doen. Hy het vir julle reën uit die hemel en vrugbare seisoene gegee,+ en hy het vir julle oorgenoeg voedsel en ’n hart vol blydskap gegee.”+ 18  Maar al het hulle hierdie dinge gesê, kon hulle die skare amper nie keer om offerandes aan hulle te bring nie. 19  Maar Jode van Antioʹgië en Ikoʹnium het daar aangekom en die skare omgepraat,+ en hulle het Paulus met klippe gegooi en hom tot buite die stad gesleep, want hulle het gedink hy is dood.+ 20  Maar toe die dissipels rondom hom gaan staan, het hy opgestaan en in die stad ingegaan. Die volgende dag het hy saam met Barʹnabas na Derbe vertrek.+ 21  Nadat hulle die goeie nuus aan daardie stad bekend gemaak het en ’n hele paar dissipels gemaak het, het hulle teruggegaan na Listra, Ikoʹnium en Antioʹgië. 22  Daar het hulle die dissipels* versterk+ en hulle aangemoedig om in die geloof te bly, en hulle het gesê: “Ons moet baie verdrukking deurmaak om in die Koninkryk van God in te gaan.”+ 23  En hulle het in elke gemeente vir hulle ouermanne aangestel,+ en gebid en gevas+ en hulle in die sorg gelaat van Jehovah,* in wie hulle begin glo het. 24  Toe het hulle deur Pisiʹdië gegaan en in Pamfiʹlië gekom,+ 25  en nadat hulle die woord in Perge bekend gemaak het, het hulle na Attaʹlië gegaan. 26  Daarvandaan het hulle na Antioʹgië geseil, waar die broers voorheen gebid het dat God onverdiende goedheid aan hulle betoon vir die werk wat hulle nou voltooi het.+ 27  Nadat hulle daar aangekom het en die gemeente bymekaargeroep het, het hulle vertel van die baie dinge wat God deur middel van hulle gedoen het en dat hy die deur vir die nasies oopgemaak het sodat hulle geloof kan betoon.+ 28  Toe het hulle ’n hele ruk by die dissipels gebly.

Voetnote

Of “die siele van die mense”.
D.w.s. ringe van inmekaargevlegte takkies of blomme.
Of “die siele van die dissipels”.