Genesis 5:1-32

  • Van Adam tot Noag (1-32)

    • Adam het seuns en dogters gehad (4)

    • Henog het met God gewandel (21-24)

5  Dít is die boek van Adam se geskiedenis. Die dag toe God Adam geskep het, het Hy hom na die beeld* van God gemaak.+  Man en vrou het hy hulle geskep.+ Op die dag toe hulle geskep is,+ het hy hulle geseën en hulle “mens”* genoem.  Adam het 130 jaar gelewe en toe die vader geword van ’n seun wat soos hy was, wat na sy beeld was, en hy het hom Set+ genoem.  Nadat Adam die vader van Set geword het, het hy nog 800 jaar gelewe. Hy het ook die vader van ander seuns en dogters geword.  En Adam was 930 jaar oud toe hy gesterf het.+  Set het 105 jaar gelewe en toe die vader van Enos+ geword.  Nadat Set die vader van Enos geword het, het hy nog 807 jaar gelewe. Hy het ook die vader van ander seuns en dogters geword.  En Set was 912 jaar oud toe hy gesterf het.  Enos het 90 jaar gelewe en toe die vader van Kenan geword. 10  Nadat Enos die vader van Kenan geword het, het hy nog 815 jaar gelewe. Hy het ook die vader van ander seuns en dogters geword. 11  En Enos was 905 jaar oud toe hy gesterf het. 12  Kenan het 70 jaar gelewe en toe die vader van Mahalaʹlel+ geword. 13  Nadat Kenan die vader van Mahalaʹlel geword het, het hy nog 840 jaar gelewe. Hy het ook die vader van ander seuns en dogters geword. 14  En Kenan was 910 jaar oud toe hy gesterf het. 15  Mahalaʹlel het 65 jaar gelewe en toe die vader van Jared+ geword. 16  Nadat Mahalaʹlel die vader van Jared geword het, het hy nog 830 jaar gelewe. Hy het ook die vader van ander seuns en dogters geword. 17  En Mahalaʹlel was 895 jaar oud toe hy gesterf het. 18  Jared het 162 jaar gelewe en toe die vader van Henog+ geword. 19  Nadat Jared die vader van Henog geword het, het hy nog 800 jaar gelewe. Hy het ook die vader van ander seuns en dogters geword. 20  En Jared was 962 jaar oud toe hy gesterf het. 21  Henog het 65 jaar gelewe en toe die vader van Metuʹsalag+ geword. 22  Nadat Henog die vader van Metuʹsalag geword het, het hy nog 300 jaar lank met die ware God* gewandel. Hy het ook die vader van ander seuns en dogters geword. 23  En Henog het 365 jaar oud geword. 24  Henog het met die ware God bly wandel.+ Toe was hy nie meer daar nie, want God het hom weggeneem.+ 25  Metuʹsalag het 187 jaar gelewe en toe die vader van Lameg+ geword. 26  Nadat Metuʹsalag die vader van Lameg geword het, het hy nog 782 jaar gelewe. Hy het ook die vader van ander seuns en dogters geword. 27  En Metuʹsalag was 969 jaar oud toe hy gesterf het. 28  Lameg het 182 jaar gelewe en toe die vader van ’n seun geword. 29  Hy het hom Noag*+ genoem en gesê: “Hy sal vir ons vertroosting* bring van ons werk en van die pynlike arbeid van ons hande as gevolg van die grond wat Jehovah vervloek het.”+ 30  Nadat Lameg die vader van Noag geword het, het hy nog 595 jaar gelewe. Hy het ook die vader van ander seuns en dogters geword. 31  En Lameg was 777 jaar oud toe hy gesterf het. 32  Nadat Noag 500 jaar oud geword het, het hy die vader van Sem,+ Gam+ en Jafet+ geword.

Voetnote

Of “gelykenis”.
Of “Adam; mensdom”.
Sien Woordelys, “Ware God”.
Beteken waarskynlik “rus; vertroosting”.
Of “verligting”.